Menswees op geestesgesondheiddag
My hart breek en ek moet my trane sluk toe ek die storie in gister se koerant lees, dié van die kinders uit Angola wat ’n beter lewe hier in Namibië kom soek het. Hulle het niks en moet vir hulself sorg. Ons kyk maar net toe.
Ek het die storie gelees nie lank ná ’n terloopse ontmoeting met ’n seun wat ek van sien en groet ken; haweloos, vol stof en onlangs met verbande bedek. My eerste reaksie was om aan te dui dat ek die oggend nie geld by my het nie.
Hy sien ek stap kar toe en vra of ek hom kan saamvat; “lift” gee? Ek sê ek ry net af met die straat kantoor toe. Hy sê hy het die oggend al ver gestap vanaf Kilimanjaro, een van Windhoek se verafgeleë nedersettings. Sy voet is seer, daar is wonde op sy tone, en hy loop moeilik. Ek het hom net so ver soos die kantoor se hek gevat, en daar laat afklim.
Gister was ook Wêreldgeestesgesondheiddag, in geval julle miskien nie geweet het nie. Hoe kyk mens na jou eie geestesgesondheid om midde ’n werklikheid wat so ongelooflik onregverdig is? Ek weet Namibië is ’n land van kontraste, maar só ’n totale gebrek in hierdie ryk land is verregaande. Dit maak my hart seer. Sal ons maar altyd ’n ryk land vol arm mense wees?
Daar is oorgenoeg om na almal om te kan sien. Jare se verslaggewing oor ekonomiese stories het my nou al blootgestel aan syfers wat die verstand te bowe kom. Miljarde dollar se wins word jaarliks in Namibië gegenereer. Wat maak ons met al daardie geld?
As ons omsien na ons mense, sal hulle ook nog méér kan bydra. Ons sou miskien die koek so groot kon sny dat ons met die bure ook kan deel. Miskien pla dit my so baie omdat ek die ander kant van die lewe ken.
Ek ken die warmte van ’n liefdevolle gesin om die hitte van die Namibiese son mee te geniet. Ek het hier in Windhoek grootgeword met die sekerheid van familielewe. Daar was altyd liefde en ’n lewe vol hoop om na uit te sien. Die Here seën my en ek is dankbaar.
Die waardevolste insig wat ek dink ek met julle kan deel, is die krag van jou eie uitkyk op die lewe. Geestesgesondheid is daaraan verbind. Soek die redes om jou lewe te waardeer, deel die blydskap om te lewe met jou medemens. Hou jou menswees naby jou hart; dit is waardevol.
Ek bid dat iets verander en die lewe in Namibië vir almal sal verbeter. Ek glo ons kan dit beter maak. Ek wonder hoe lank ons nog kans sal kry voor dit té laat is? Hoe sal ons mekaar daarna oortuig dat alles oukei is?
Ek doen so min vir my medemens, maar ek dink elke bietjie help. Aangesien ons min ’n ander se situasie en probleme reg verstaan, glo ek soms net ’n glimlag en hallo-sê is genoeg om iemand aan te spoor. Menswees is menswees. Kom ons wees mense teenoor mekaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie