Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Lewe ná Covid

Mandy Rittmann
SANET LOMBARD SKRYF:

In hierdie wye, oop land van ons is die spore van herstel na Covid gelukkig redelik sigbaar, maar plek-plek vlak in die sand met nuwe, hopenlik minder gevaarlike infeksies wat op die grense wag. Dit is ’n goeie tyd om te besin oor die effek wat Covid op die wêreld gehad het.

Die lewe ná Covid is anders, moet anders wees, anders het ons niks geleer nie, het ons gestagneer, het ons met oop oë ons bewussyn verloor. Ons behoort ’n herwaardering te hê vir die genade en wonder van lewe. En so ’n herwaardering behoort ons denke, optrede, hart en siel te vernuwe.

Ons denke: Covid het mense van mekaar af weggeskeur. Tog is dit juis die isolasie en afsondering wat almal gelyk gemaak het, saam laat ly het en saam laat voel het. Die hele wêreld het vir ’n tyd dieselfde gelyk met minder besige strate, gemasker en stiller. Mense het besef dat jy as individu nie, soos vroeër gedink, jou eie lot en toekoms kan bepaal en beheer nie. Geld kan nie alles koop nie. Die aarde is besmet, die toekoms is onseker. Nou, ná Covid, moet ons in ons denke plek maak vir groter besorgdheid, vir ’n dringende nood om te werk vir ’n groener en gesonder planeet, vir beter kommunikasie, vir ’n minder materialistiese kyk na ons behoeftes, vir ’n soeke na betekenis. Ons is die tyd gegun om die vermoë wat kan onderskei tussen vals nuus en waarheid te versterk. Dit is so ironies dat hierdie onderskeidingsvermoë juis in die Covid-tyd verwaarloos is. Te veel mense het liggelowig geword in plaas van gelowig. ’n Onsekere wêreld het te veel mense laat gryp na bombastiese leiers wat maklike, leë sekerhede belowe en verwagtinge laat wegkalwe. Groter globalisering bring interafhanklikheid, maar ons bly ook individue wat uniek kan wees en dink. Ons ruimer denke moet plek hê vir verbeelding, kreatiwiteit, versorging, geloof, hoop en liefde. En is Namibië met sy eie karakter nie juis ’n wye, oop plek waar die planeet nog grotendeels kan asemhaal nie, waar gelowige mense bly, waar die hoop op ’n vriendeliker wêreld nog leef?

Ons optrede: In die tyd van Covid het mense oral tuis begin werk en noodwendig fisies nader aan die huis en huismense beweeg. Dikwels het die benoude spasies groter konflik eerder as intimiteit en begrip veroorsaak, het te veel van ons desperaat na sigarette en drank gesoek, het kerke leeg geloop. Selfs nou, waar kerkbywoning behoort te herstel en te groei, is dit so gerieflik om tuis met ’n halwe oor in te skakel op eredienste. Tegnologiese hulpmiddele was vir te veel van die wêreld die enigste redder. Persoonlike kommunikasie moes juis in gesinsverhoudinge verbeter maar is dikwels vervang deur tegnologiese kommunikasie. Kollegas word “geskype” en “gezoom”, skoliere en studente spandeer meer tyd voor rekenaars. Afhanklikheid van tegnologie en ander stimulante het groter geword. Die noodsaak van beter verhoudings en ’n ander definisie van gesondheid in ’n post-Covid wêreld moet raakgesien word. Dit sluit in die gesondheid van ons land, ons wêreld, ons planeet. In Namibië is daar soveel hoop en geleenthede om ons metaforiese maskers af te haal en mekaar te groet, te help, weer raak te sien, uit te beweeg na ons pragtige natuur en ’n beter wêreld te help bou.

Ons harte: Baie van ons is getoets, soms herhaaldelik, om vas te stel of ons ook besmet is. Maar geestelik is te min van ons getoets om vas te stel of ons ’n deernis in ons harte het, ’n empatie met die broosheid van ander, ’n besef van ons eie en ander se verganklikheid, ’n dankbaarheid vir lewe, ’n verantwoordelikheid vir die natuur. Ons behoort nou meer respek te betoon vir mense se verskillende sterktes, meer begrip vir mense se verskillende swaktes. Die wonderlike ruimtes van hierdie land behoort gereflekteer te wees in ons ruimer harte, harte wat plek het vir sterktes en broosheid, wat moed het om nuwe uitdagings aan te pak. Dit is hartverskeurend dat die goeie lesse wat Covid kan bied vervang is en histories opgevolg is met magbeluste konflikte en oorloë soos in Oekraïne, met ’n terugval in ou gewoontes, met ’n gebrek aan emosionele groei, met ’n apatie en pessimisme, met ’n teensinnigheid en weiering om tot besinning te kom, in ’n teruggryp en gejaag om skatte bymekaar te maak.

Ons siele: Die post-Covid wêreld is finansieel armer. Covid het ons laat besef dat rykdom kan verdwyn, dat rykdom nie geldelik gemeet moet word nie, dat armoede nie net baie mense se sakke en mae raak nie. Die armoede is ook psigologies van aard, sosiaal, polities en geestelik. Ons behoort nou te besef, dat ons met klatergoud behang was en dat Covid se noodwendige inkeer binnetoe ons siele gestroop het van valse waardes. Ons durf nie langer die planeet en natuurlike hulpbronne uitbuit nie, ons durf nie langer ons naaste ignoreer nie, ons durf nie langer ons siele verarm nie. Ons behoort ons hande en handelinge te ontsmet, ons behoort ons self, ons gees, ons wêreld wat in ons leef en die wêreld waarin ons leef te beskerm.

Namibiërs kan dit doen. Namibiërs maak werk van uitdagings, ken die betekenis van ware rykdom, is trots op hulle skoon land, kan nog droom, kan vêr kyk, is lief vir die natuur, ken die verskil tussen skyn en werklike juwele, is leiers van bewaringsprojekte, gee om vir mekaar. Namibië kan ’n baken in ’n post-Covid wêreld wees.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%