Leierskap vir leke – Die kulturele hutspot-dirigent
“Leiers léér wat in ’n kultuur verwag word en tree op die sosiaal gepaste wyse op.”
– Die GLOBE CEO Studie, 2014
’n Land se nasionale kultuur is sy gesamentlike en gedeelde waardes, norme en gedrag wat bepaal hoe ’n nasie dink en optree.
In Namibië het “kultuur” egter uiteenlopende betekenisse vir ons diverse en unieke bevolking. Maar wat kom eerste? Leiers of kultuur? En hoe beïnvloed dit die sukses van organisasies in ’n land?
Die GLOBE-instelling, wat wêreldwye navorsing oor leierskap in organisasies doen, het ’n studie met meer as 6 000 uitvoerende beamptes en senior sakeleiers van oraloor die wêreld oor die verband tussen leierskap en kultuur uitgevoer. Die uitslag het bevind die verband tussen dié twee konsepte is ingewikkeld en multi-dimensioneel.
’n Interessante bevinding was dat ’n spesifieke samelewing se kulturele waardes nie ’n direkte invloed op ’n leier se gedrag gehad het nie. Dit beteken leiers tree nie uiteraard volgens hul kultuur se waardes op nie. Inteendeel, ’n spesifieke kultuur-gebonde samelewing het sekere verwagtinge oor wat “goeie leierskap” beteken – waarná leiers hul eie gedrag dáárby aanpas. Die invloed is dus eerder van onder-na-bo as van bo-na-onder.
Oorweeg ’n samelewing waar die kultuur hoofsaaklik kollektivisties (of op die gemeenskap) gefokus is. In só opset sal leiers samewerking en harmonie beklemtoon, omdat dit is wat die volgelinge verwag – ongeag of die leier dieselfde waardes handhaaf. Waar die kultuur individualisties (of op selfverwesenliking) gefokus is, sal die leier visie, innovering en inisiatief aanmoedig. Kultuur dwing dus nie ’n spesifieke gedrag af nie, maar bepaal die reëls van die spel. Leiers wat in lyn met die kulturele verwagtinge optree, kry makliker volgelinge se ondersteuning en respek.
Volgens die GLOBE-studie is die mate van aanpassing van ’n uitvoerende beampte se leierskapsgedrag by die verwagtinge van die samelewing, ’n kragtige voorspeller van sukses. Uitvoerende leiers wat hul gedrag met die samelewing se verwagtinge belyn, ontsluit hoër toewyding van hul topbestuurspan en maatskappye wat beter presteer. Hoëprestasie-spanne is dikwels die gevolg van leiers wat die samelewing se kulturele verwagtinge oortref.
In Namibië is die kulturele situasie heelwat ingewikkelder, gegewe dat ons land se rasse, kulture, gelowe en tale soos ’n smaaklike bord potjiekos saamgeboender is.
Ten spyte van die uitdagings wat daarmee saamgaan, is daar belangrike elemente waarmee leiers die kultuurpot aan die kook kan hou:
1. Charismatiese leierskap: Visionêre sienings, met inspirerende kommunikasie en egte empatie.
2. ’n Fokus op spanwerk: Leierskap wat inklusief en gelyk is, deelname aanmoedig en verskillende standpunte asem gee.
3. Menslikheid: Om mense te inspireer om hul eerlike self as navolgers uit te leef en hul doelwitte vir selfverwesenliking te bewaarheid.
4. Integriteit en administratiewe vaardigheid: Nie net bevorder dit positiewe bande tussen werknemers en werkgewers nie, dit verhoog organisatoriese prestasie en reputasie.
Kultuur is ’n dirigeerstaf, nie ’n slaanstok nie. Suksesvolle leiers pas by kulturele verwagtinge aan en dirigeer die kombuis. Die mees suksesvolle leiers oortréf kulturele verwagtinge en dirigeer die organisasie. Dis dié leiers wat hutspotte van prestasie en vooruitgang opkook.
* Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.– [email protected]* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie