Briewe
Briewe

Koud

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

As jy praat van koud

Vra ek nou... waar is fout?

Vanaf Aus bo-op die hoogte

Verby Kamanjab se droogte.

O' mensig ons land raak koud

Walvisbaai-weer maak my benoud

Koud oppi kaai soos yswind tempteer

’n Yskas se deur wat jy nie keer.

Daar agter Gobabis se bult

Droewig droog niemand se skuld

Kuisebvlakte oor droë woestyn

Snerpend koud laat my tanne pyn.

Daglig son met ys bedek

Namibië se winter is ek oor gek

Yskoue reent kom met die noordwes

Kolestoof bring ’n warm lewensles.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer