Briewe
Briewe

Koud...

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

As jy praat van koud.

Vra ek nou... waar is fout.

Vanaf Aus bo-op die hoogte.

Verby Kamanjab se droogte.

O' mensig ons land raak koud.

Walvisbaai weer maak my benoud.

Koud oppi kaai soos yswind tempteer.

ʼn Yskas se deur wat jy nie keer.

Daar agter Gobabis se bult.

Droewig droog niemand se skuld.

Kuiseb vlakte oor droe woestyn.

Snerpend koud laat my tanne pyn.

Daglig son met ys bedek.

Namibie winter is ek oor gek.

Yskoue reent kom met die noordwes.

Kole stoof bring n warm lewensles.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer