No Image Caption

Koninkryk van God in ons harte

Mandy Rittmann
PASTOOR BRIAN LOSPER SKRYF:God roep elke seun, vader en oupa om hul burgerskap van die Koninkryk van die Hemel en verblyf in Namibië te waardeer en te respekteer.



Dit moet gedemonstreer word met dade van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid deur die fondasies, beskermers en voorsieners van die Namibiese familie te wees.



God staan met uitgestrekte hande gereed om die Namibiese volk te seën uit die oorvloed van die natuurlike hulpbronne wat Hy toegeken het aan hierdie volk. God wag egter op elke man om in die regte posisie met God te kom alvorens Hy die vensters van die hemel oor hierdie volk sal laat oopgaan. God weet dat indien die manne as fondasies van hierdie volk hulle nie verbind in verhouding tot hulle Skepper God nie, sal hierdie Namibiese volk verval in Sodom en Gomorra met die vrystelling van die welvaart wat vir hierdie volk voorberei is.



Beskikbare statistieke data soos gepubliseer deur die Namibiese Statistiekagentskap toon dat die huidige welstand van die Namibië volk in ’n benarde toestand is. Hierdie inligting toon dat Namibië se werkloosheid­syfer op 38% staan (die aantal werklose gekwalifiseerde onderwysers het byna verdubbel van 8 000 tussen 2017 en 2023 tot 15 000 tussen 2023 en 2025). Armoede en wanvoeding (byna 1,3 miljoen mense lewe benede die broodlyn), geslags­gebaseerde geweld, skoolverlating (swangerskap: drie uit tien meisies/seuns verlaat die skool; oorsake word toegeskryf aan armoede, postuurdruk en ’n afname in morele en geestelike waardes). Daar is ook die toenemende vlak van korrupsie (die plundering van natuurlike hulpbronne wat deur God vir hierdie nasie voorsien is). Bogenoemde data is sigbare bewyse dat die volk blootgestel is aan ’n nasionale veiligheidsrisiko.



Ons het Bonatuurlike Koninkryk-inmenging nodig. Alhoewel Namibië onder ’n sekulêre demokratiese kapitalistiese beleid regeer word, bly ons by voorkeur ’n Christenvolk. Daarom die aanvaarbare gevolgtrekking: Die aktiewe gemeenskap van gelowiges sal voortdurend vir die ­nasie intree en hul versoeke voor God as hul Opperheerser en Voorsiener bring. God se Koninkryksperspektief openbaar dat die huidige toestand van hierdie volk direk gekoppel is aan die posisie of gesindheid van die vaders in verhouding tot hul gesinne en in ’n dieper sin aan hierdie volk. Die verskynsel van vaderloosheid het te doen met die fisieke en geestelike afwesigheid van die vader in die sin dat die vaders nie bydra tot die geestelike, fisieke, emosionele en intellektuele opvoeding van die gesin nie. Vaderskap is in die moeilikheid. Kinders word groot sonder vaders in die huis. Baie vaders faal. Sal ons ledig toekyk hoe dit gebeur? Ons kan iets daaraan doen.



Ons nooi alle seuns, vaders en oupas uit om by ons aan te sluit terwyl ons voor God, ons Hemelse Vader, bymekaarkom om hierdie saak voor Hom te bring. Ons sal voor Hom kom met ’n gesindheid van berou, wetende dat Hy ons nie sal verwerp nie. God sal elke gewillige man eers tot Homself herstel, herbevestig en versoen en dan met hul gesinne.



Sluit by ons aan gedurende die week van 12 tot 19 Oktober terwyl ons fokus op vaders onder die tema: Die Koninkryk-Vaderskap-Inisiatief: Herstel, Herbevestig en Versoening van Koninkryk-vaders.



Indien u sou belangstel om deel te word van hierdie inisiatief kan u my by +264 81 293 1734 kontak of WhatsApp op +27 76 330 6888.



* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-12-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer