No Image Caption

'Jam' in Afrikaans

Mandy Rittmann
WYKUS LAMPRECHT SKRYF:

Ek wil graag met julle deel hoe besonders verlede Saterdag by Sound Garden Restaurant in Swakopmund was. Ilana De Vlakte het daar met haar orkes opgetree en die mense lekker jolig gehad. Yoh, hierdie vroutjie weet hoe om te "jam"! Ag ek bedoel, sy weet hoe om te konfyt (lag ek nou in Afrikaans). Sy het die mense behoorlik op hul voete gehad. Kyk uit na hierdie opkomende ster! Sy gaan nog diep spore in Nam se duine trap. Sy tree weer die laaste Saterdag van September daar op. Ek deel graag ‘n Facebook-skakel van haar optrede:

https://www.facebook.com/share/v/1ECmgVFTvc/



* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-02-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer