Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Integrale rol van die kerk

Mandy Rittmann
ROOI OLIFANT SKRYF:

Die kerk van Namibië het nog altyd ’n reuse en merkwaardige onbetwiste rol in die geestelike, sosiale en selfs, politieke arena, gespeel.

Namibië is waar sy vandag is as gevolg van die Namibiese kerk se vele proaktiewe positiewe bydraes tot onafhanklikheid en ontwikkeling in bykans alle domeine van menswees ten opsigte van die Namibiese samelewing.

Die Namibiese kerk in sy geheel, was nog altyd ’n plek en liggaam van hoop, heling en restorasie vir menige Namibiër, vernaam in apartheidsjare, dog steeds vandag. Die kerk was die vernaamste fondament van Namibiese gesinne en gemeenskappe in vernaam die eertydse sosiale bestel, maar vandag steeds. Dit was die gom wat gemeenskappe en gesinne bymekaar en heel gehou het en het groter rolle vervul as net gebedsdae om reën te hou, sopkombuise te bestuur, en om teen sosiale euwels soos geweld, ontug, verval en menseregtevergrype as mondstuk en fluitjieblaser, te spreek.

Ongelukkig is en word die kerk se stem stelselmatig vanaf onafhanklikwording ál stiller deur sekularisme (wat ironies, self ’n geloofsoortuiging is!) gemaak waardeur die staat en kerk (ten goede) van mekaar geskei is, maar dat godsdiens in staatskole, nasionale uitsaaisers en elders afgewater en selfs verban en met hemelvaartdag deur materialistiese en oordrewe geldliefhebbers en magsoekers weggedoen is, wat nie die geestelike, sosiale en emosionele waarde van die kerk en nood en belange van die volk besef en gedra het nie.

In plaas daarvan het politieke gesagsfigure verby oortuigende en verbysterende, oorweldigende goeie aspekte gekyk en hoofsaaklik negatiewe aspekte rakende die kerk voorgehou, soos ’n sekere kerkverband se aktiewe rol in die bevordering van apartheid voor onafhanklikwording; die hedendaagse uitbuitende voorspoed-evangelie; en onreëlmatighede soos finansiële uitbuitings, toenemende valse profete, verkragtings in ’n paar plaaslike kerke en as voorbeeld, die onlangse sages rondom hoëprofiel-kerkleiers soos Jimmy Swaggard, T.B. Joshua en Shepherd Bushiri, en daarop gefokus en gehamer om die kerk se invloed en stem te verdwerg om sodoende enige aanspreeklikheid en oënskynlike bedreigings af te weer.

Op ’n vraag tydens ’n onderhoud met Anne Graham, dogter van Billy Graham, op die Early Show in 2002 oor hoe God die 9/11-terreuraanval op die Twin Towers in die VSA kon laat gebeur het, móét ons met haar insiggewende respons saamstem dat ons nie só ’n ondeurdagte en oordelende vraag kan vra as ons vir jare toegelaat het dat God, die Bybel, godsdiens en gebed uit skole, die regering en ons lewens gesit is nie; kindertugtiging gestaak is; aborsie gewettig word; kondome aan kinders beskikbaar gestel word; geswyg word oor bevraagtekende private doen en late van politieke leiers; en pornografie, vulgêre taalgebruik, geweld en seks op TV en in tydskrifte en musiek toegelaat word wat verkragtings, middelemisbruik, moord, selfmoord en satanisme in die naam van vermaak, bevorder. Vandag saai ons wat ons maai, want ons is meer bekommerd oor wat ander van ons dink as oor wát God van ons dink.

Nóg snaakser is die ironiese verskynsel dat ons graag vinger na God, die Bybel, die Kerk en Christendom en selfs na gays wys en soos die rinderpes vermy omdat dié blykbaar nie ’n Afrika-geloof is nie en op ons afgedwing is ten spyte van die Bybel se sentrale boodskap van God se helende liefde en naasteliefde, maar die ander sogenaamde meer aanvaarbare dinge soos alkohol (wat ook nie deel van Afrika-kultuur was nie) goedpraat. Die staat, nasie en gemeenskappe het ons rûe op die kerk gedraai. Vandag betaal ons ’n dure prys daarvoor: Goddelose leierskap en verval.

Daar bestaan ’n behoefte dat die Namibiese volk weer herinner word aan die integrale rol wat die kerk in die geskiedenis gespeel het en steeds speel:

Eerstens, het die kerk, bo en behalwe sy geestelike rol as proaktiewe positiewe katalisator, enorme bydraes tot nasionale vryheid, opvoeding en gesondheid gelewer. Die Namibiese kerk het die hoër geestelike waardes van die Bybel ingeskerp en daardeur menseregte bekragtig en beskerm en sodoende bygedra tot wet, orde en sosiale harmonie, -samesyn en –vooruitgang as ’n geestelike, sosiale en maatskaplike hospitaal.

Tweedens, het die kerk sendingdorpies oraloor Namibië ten gevolg gehad wat op hul beurt stukrag aan gemeenskapsontwikkeling in die vorm van talle skole (waaruit ander skole ontstaan het!), hospitale, klinieke, biblioteke, kindertuine en kleuterskole, hoëropleidingskole, ouetehuise en weeshuise, skuilings, berading- en jeugsentrums, Christelike genootskappe, vigsbekampingsentrums, burgerlike samelewingsverenigings, ensomeer, verleen het. Ons behoort dit hoog op prys te stel.

Derdens, het die kerk sosiale gesins- en gemeenskapsprobleme en -onluste aangespreek. Dit het behuising en sorg in die vorm van koshuise aan weerlose en arm kinders verskaf sowel as werk aan onderwysers, gesondheidswerkers, kerklui, ambagslui en andere. Die kerk het die groei van die Christengeloof deur evangelisasie, Bybelverspreiding en dissipelskap aangemoedig wat die fondament van opvoeding en leiding is. Dit het ’n aktiewe rol in gemeenskapsontwikkeling en die opheffing van menslike en nasionale waardigheid vervul. Laat ons dit nooit vergeet nie.

Die kerk van Namibië was en is ons moeder. Sy is onlosmaakbaar deel van die Liggaam en Kerk van Christus wat die beginner en voleinder van die lewe self is. Sy is ’n deel van die Bruid van Christus. Soog aan haar terwyl die son nog skyn. Sy is voedsaam en helend.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 388.94/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0153 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.24/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 960.33/OZ DOWN -0.0122 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 388.94/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0153 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.24/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 960.33/OZ DOWN -0.0122