No Image Caption

Huldeblyk aan Lucy Williams

Mandy Rittmann
GODFREY KLEINHANS SKRYF:

Ek bring hiermee hulde aan ’n vriendin en gerespekteerde onderwyseres van Keetmanshoop, wat verlede week die lewe gelaat het. Lucy Williams (nee Hartungh), een van die ses kinders van Ant Jessie en Oom Charlie Hartungh, was ’n geliefde inwoner van die Krönlein-woonbuurt.

Sy is opgelei aan die Universiteit van Wes-Kaapland, was getroud met Deon Williams, daar uit Bonnievale se wêreld, en uit die huwelik is drie seuns gebore. Laat in hul huwelik het hulle Cindy aangeneem.

Met my aanstelling as skoolhoof by die Suiderlig Hoërskool, het ek vir die eerste keer met die egpaar kennis gemaak. Daarna het sy by die Krönlein Junior Sekondêre Skool diens gedoen, tot en met die samesmelting van die twee skole. Ná hul uittrede uit onderwys, het ons baie kontak gehad.

Hiermee wens ek Deon, hul kinders, skoondogters en kleinkinders baie sterkte toe. Ons sal jou mis Lucy, maar in herinnering sal jy voortleef.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer