Hand in eie boesem oor dissipline
RINA HORN VAN WINDHOEK SKRYF:
Ek wil graag kommentaar lewer op rakende die berig “Meerderhied sê ja vir ‘n pak slae” (11 Maart 2022) en talle briewe/kommentaar wat daagliks in die Praat saam-kolomme in die Republikein verskyn.
Tans word daar baie gepraat oor, ook in die media, en gewag gemaak van dissipline in die skool, die onbeheerbare gedrag van skoliere en jong kinders, dwelm- en drankgebruik, seks en pornografie onder skoolkinders. Hierdie is 'n brandend aktuele saak in ons samelewing. Ek wil graag 'n stuiwer in die armbeurs gooi, wat moontlik betekenisvol kan wees vir die toekoms.
Die woorde "dissipline" en "dissipel" is afgelei van die Latynse woord ”discere”, wat “om te leer” beteken. Dissipline beteken dus eintlik om te leer, op te lei of om af te rig. Om te dissiplineer, beteken om op te voed. Dit word deur die volwassene op die jongeling gerig om aanvaarbare gedrag aan te moedig en verkeerde gedrag positief te verander. Dit is dus begeleiding op die pad na volwassenheid. Straf is 'n tydelike deel van dissipline.
Ons leef in 'n samelewing waarin ons, as ouers, ons kinders faal. Die omgee-gevoel van ouers, of jy nou ryk of arm is, is nie meer daar nie. Miskien omdat baie ouers geen liefde as kinders ervaar het nie?
Wat is die rede dat kinders so maklik ongedissiplineerd raak? Maatskaplike omstandighede, werkloosheid, armoede en portuur-groepsdruk speel 'n rol, maar nog 'n rede is, myns insiens, die laat-maar-loop-houdings in ons huishoudings en gemeenskappe. Ouerbetrokkenheid by ons kinders laat veel te wense oor.
'N SIMPTOOM
Kinders soek aandag en liefde en as hulle dit nie kry nie, soek hulle aandag op 'n negatiewe wyse en dit veroorsaak swak dissipline. Ouers aanvaar dat dit die onderwysers se werk is om kinders op te voed en hulle kom nie hul Christelike verantwoordelikhede teenoor hul kinders na nie. Dissipline begin by die huis.
Die fisieke en emosionele afwesigheid van ouers, as gevolg van een of ander sogenaamde verpligting, is die grootse oorsaak van ongedissiplineerde kinders. Ouers is nie bekommerd waar hulle kinders is nie, veral oor naweke, en verkies om hulle sosiale lewe sonder die teenwoordigheid van hul kinders te geniet.
Ouers stel eenvoudig net nie meer belang in hul kinders nie en is apaties teenoor versoeke om hulp. Hulle reageer net nie. Ouers skuif die grootmaakproses op ander mense af en leer nie meer hul kinders die basiese beginsels en gewoontes nie. Ons, as ouers, jaag materiële en ekonomiese welvaart na.
Vroeër jare, eintlik baie vroeër, was die familie en bure se kinders nog almal se kinders. Meer oë het opgelet dat hulle nie op die breë weg beland nie. Grootmense het vermaan waar hulle sien jongelinge loop verkeerd en het by hul ouers gaan kla. Ouers het geluister en waardeer as jy hul kinders se misstappe onder hul aandag bring.
Deesdae is dit nie meer so nie, want wat het dit met jou te doen, of ek wil nie betrokke raak nie, en intussen verrot ons kinders.
RESPEK - TOE EN NOU
Ook het onderwysers meer omgegee omdat daar respek vir hulle was. Hulle het groter seggenskap en invloed in hul klaskamers gehad. Hulle kon beter dissipline uitoefen. Daar was groter respek vir hulle in die gemeenskap en ook húlle het 'n ogie oor die kinders gehou.
Deesdae is sommige onderwysers traak-my-nieagtig, onder meer omdat hulle ontmagtig voel en sukkel met ongedissiplineerde leerlinge en moontlik ongedissiplineerde ouers. Onderwysers se betrokkenheid in gemeenskap tel ook nie juis meer wanneer bevordering ter sprake kom nie.
Ons as ouers is te blameer vir die anti-sosiale gedrag van ons kinders. Volgens ouers lê die fout vir die ongedissiplineerdheid van ons kinders altyd by ander, maar nooit by onsself nie.
Ouers volhard met 'n laissez-faire houding, en verskaf geen leiding aan hul kinders nie. Ouers stel 'n swak voorbeeld vir hul kinders langs sportvelde en skeidsregters word geblameer vir hul span of kinders se foute. Hierdie optrede van ouers, wat hul minagting toon vir gesag, dra by tot swak dissipline. Dit stuur die boodskap uit dat dit in die haak is om gesag te bevraagteken.
Baie ouers het geen respek vir gesag of vir die skoolhoof of onderwyser nie. Hul inkomste is soveel meer as die van 'n skoolhoof, en daarom voel die ouer dat die hoof nie vir hom/haar kan sê wat reg of verkeerd is nie.
Die ouer dra die disrespek aan sy kinders oor deur die voorbeeld wat hy/sy stel. Die kind bevraagteken alles wat die onderwyser doen en daag die onderwyser uit. Die kind dreig ook die onderwyser met sy/haar ouers.
Welgestelde ouers ervaar dit as 'n skande as hul kinders moet detensie sit of 'n goeie loesing moet kry, en probeer die hoof en onderwyser dwing om sulke besluite te wysig. Ouers intimideer ook skoolbesture, skoolhoofde en onderwysers oor dissipline, spankeuses in sport en besluitneming. Hulle glo alles wat hul kinders sê, en ondermyn so die gesag van die skoolhoofde en onderwysers.
Die rykmansperspektief speel ook 'n rol, want die kind is gewoond daaraan om alles te kry wat hy/sy by sy ouers vra. By die skool moet hy/sy egter opdragte van die onderwyser uitvoer. Dit skep 'n teelaarde vir konflik tussen skool en huis.
Die meeste oorsake van dissiplinêre probleme by die skool, verwys terug na die huislike omstandighede van die kind en ouers se onbetrokkenheid by die skool. Onderwysers moet ten volle ingelig wees oor die leerder se gesin, omgewing en die gemeenskap waaruit die kind kom.
ONDERWYSERS
Onderwysers kan ook bydra tot dissiplinêre probleme in die skool.
Sommige onderwysers is gereeld afwesig, gee onvoorbereid klas, daag laat op vir klasse, verlaat die skool vroeg en is somtyds onwelvoeglik of onvanpas geklee. Baie onderwysers gebruik onwelvoeglike of onaanvaarbare taal. Hul gedrag buite die skool, in die samelewing, kan ook swak dissipline in die hand werk.
Ek vra ook: Wat is`n skool sonder 'n skoolhoof? Dit is soos 'n vliegtuig sonder 'n vlieënier. Dit stuur op 'n ramp af, want niemand is daar vir krisisbestuur nie.
Die ministerie van onderwys, skoolhoofde, onderwysers en ouers sal dringend aandag moet gee aan dissipline en moet oplossings vind.
LYFSTRAF
Sommige mense beskou die afskaffing van lyfstraf as 'n oorsaak van swak dissipline. Is dit dalk een van die redes hoekom ons jeug vandag lyk soos hulle lyk en maak soos hulle wil?
Dan weer... Wil ek regtig die kans vat dat iemand anders, wat dalk nie gesonde oordeel of regverdigheid aan die dag kan lê nie, my kind 'n pak slae gee?
Ek glo dat die meeste Christene (ek hoop) dink dat 'n pak slae soms nodig is en dat dit 'n Bybelse opdrag is. Om ons kinders te tugtig en daardeur te leer wat reg en verkeerd is, is 'n gawe wat ons hulle gee, en ons doen dit juis omdat ons vir hulle lief is. 'n Pak slae wat reg en beheersd toegepas word op 'n kind se sitvlak, is 'n uitstekende leermiddel. Ons moet nie pak gee uit wraak of woede nie.
Lyfstraf is 'n hulpmiddel om vir ons kinders grense te stel waarbinne hulle veilig kan voel. Hulle moet leer daar is 'n gevolg vir verkeerde optrede en ongehoorsaamheid.
Persoonlik dink ek lyfstraf behoort nie nodig te wees in alle omstandighede nie. Daar is ook ander moontlikhede van straf na gelang van die oortreding, maar as jy jou handjie een keer brand teen die warm plaat, gaan jy weet die plaat maak eina.
Ongelukkig is dit so dat kinders wat nie lyfstraf kry nie, dikwels baie ongedissiplineerd is en ook later in hulle lewens met dissipline sukkel.
Die oplossing tuis en by die skool is geleë in die verhoudings tussen, en gesindhede van rolspelers in 'n kind se lewe. Dissipline is 'n komplekse probleem en ouers speel 'n belangrike rol in die oplossing. Die oplossing is gesetel in die ouers se bydrae, onderwysers en skoolhoofde se optrede en die stelsels wat daargestel word om die probleem op te los.
Ouerbetrokkenheid by jou kinders tuis sowel as op elke ander gebied van sy/haar lewe is van kardinale belang. Dink u nie dat dit tyd is dat ons as ouers weer ons doopbelofte nakom en volwaardige ouers vir ons kinders word nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie