Gun Afrikaans sy volwaardige ruimte
CLEMENS CONRADIJ KARUAIHE SKRYF:Wanneer dit kom by Afrikaans as taal by ons skole, is dit soms nie so maklik om ’n Afrikaanse onnie te wees nie. Soms kry ons nie die ondersteuning wat ons broodnodig het nie.
Die politiek van die verlede kom baie keer in. Daar word diskrimineer teenoor ons, die Namibiese kind en die handjievol Afrikaanse onderwysers.
Afrikaanse klasse word verminder by sekere skole. Wat onregverdig is. Alle tale moet dieselfde bevordering en behandeling volgens die taalbeleid van Namibië kry. Geen diskriminasie en assosiëring met sekere etniese groepe moet ’n rol speel nie. Enigiemand moet die reg hê om die taal van sy keuse te bevorder soos dit regmatig in die Namibiese Grondwet verseker is.
Ja, ek is swart, maar so is Afrikaans.
Wie het Afrikaans wit bestempel? Die verlede of wat?
Afrikaans is ook ’n swart taal. Afrikaans is ook my moedertaal, ook my huistaal, ook ons moeilike taal en ook ons dertiende taal, maar Afrikaans bly ons taal. Afrikaans bly ons verenigende taal.
Dit is die taal wat ons ouers sedert destyds en tot op hede as die “medium of communication” gebruik.
Afrikaans is vir baie swart kinders “die taal”. As jy wil uitstaan, gooi jy die taal. Hulle vind pret daarin. Daar is lekker, aanvaarbare “vloekwoorde” daarin wat die taal meer van ‘n kuiertaal maak. Die tsotsi-taal daarin het eienskappe van klas en sosialiteit.
Afrikaans bly die taal in die meeste gemeenskappe en dit behoort aan ons. Dit gee ons ‘n sin van behoort, van identiteit, en is nie iets vreemd wat ons wil wees, soos dit geïnterpreteer word nie.
Ek hoop ons mede-Namibiërs vind die werklikheid van eengesindheid in ’n taal (enige taal) sonder diskriminasie.
Tot later ...

Kommentaar
Magriet H
Fantasties!