No Image Caption

Grondbewyse van Rehoboth-gebied

Mandy Rittmann
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Die "Grondbewys" van Rehoboth is 'n vruggebruik-voorregtoekenning – ‘n nie-onderhandelbare regsinstrument, en is nie aan openbare jurisdiksie of kommersiële omskakeling onderhewig nie.

Enige en alle aksies wat inbreuk maak op die private status, regsposisie en erkende kapasiteit van die Rehoboth Burger Privaat Kontrak Gemeente, is 'n direkte skending van sy heilige wette en sy kontraktuele soewereiniteit.

Die "Grondbewys" is onderskeibaar van openbare titelaktes en dui op 'n private grondbesitstelsel, wat ingevolge die Rehoboth Burgher Gemeente se private wette ingestel is, om die onvervreembare regte van sy lidmate teen openbare inmenging te beskerm.

Die voorouers het hulle private wette en hofrekords geskep vir die uitsluitlike voordeel van hulleself en hul direkte afstammelinge.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-07-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer