Lag Saam (002)
Lag Saam (002)

Grappies

Spitsvondighede uitgespreek deur Rita Rudner: * Dit was nie dat niemand my na die matriekafskeid wou saamneem nie; dit was dat niemand my wou sê waar dit gehou sou word nie. * Hoe werk dit dat jy water en meel meng en gom kry... en dan as jy eiers en suiker byvoeg kry jy koek?... Waar is die gom dan heen? • • •

'n Paar nuwe eksamenflaters, aangestuur deur DelenevEdW:

* Wat is die doel van die kies- en oogtande? Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.

* Wat kry jy as jy jou melktande wissel? Pepermenttande

* Wat is die verkleinwoord van Oupa? Kleinseun

* Voltooi die volgende idioom: Hoe meer Haas... Hoe groter haaspastei

* Wat is die meervoud van kabeljou? Kabeljulle

* Formule vir 'n sirkel se omtrek: "Paai straal kordaat"

* Vertaal in Afrikaans: 'I beg your pardon?' HuH?

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week, oor werk, aangestuur deur RonaldR:

* Geen vakansie gaan ongestraf nie. - Karl Hakkarainen

* My pa het my geleer werk; hy het my nie geleer om daarvan te hou nie. - Abraham Lincoln

* Moet nooit 'n werk aanvaar waar die winterwind om jou broek waai nie. - Geraldo Rivera

* Werk is 'n skuilplek van mense wat niks beter het om te doen nie. - Oscar Wilde

----------------------

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer