Goed verwag
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Danke Hemel Heer vir seën
Woestyn droog, dankbaar vir reën
Oggendlug, koel op my knieg
Goed verwag, ek bieg
Ons woestyn geel, droog en warm
Mag God o's met liefde om-arm
Oë na Bo, dankbaar o's glo
Goed verwag, God gee krag
Water is lewe, en ‘n seën
Hemelsluise giet oor ons reent
Voed my droë siel en benat my keel
Danke vir die seën wat U deel
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie