Facebook 3 Desember 2025

Republikein-voorblad 2 Desember 2025:

Article 20 (4) of the Namibian Constitution read as follows: All persons shall have the right, at their OWN expenses, to establish and to maintain private schools, or colleges or other institutions of tertiary education: I hope we understand where and how the Government intervention is coming from. – Elma Dienda

As jy nie kan betaal vir ’n privaat skool nie, sit jou kind in ’n staatskool. . . so maklik soos dit. – Giovanni Boffelli

Privaat skole doen net wat hulle wil. Hulle kort vasvat. – Benne Bobejé

Dit is totaal onaanvaarbaar. As ek my werkers ontslaan, moet ek deur prosedures gaan. As ek nie, word ek met “Labour” gedreig, nie die staat nie. – Renieta Eloff Puren

Kyk na die standaard van staatskole. Parkies was ’n puik skool, nou word kinders in die klas gevloek, want die onderwyser kan nie die vrae beantwoord nie. HTS, my seun was daar, vandag bly ’n klomp rondlopers in die koshuise. Alles is in sy peetjie, kyk hoe lyk die skole van buite, vuil, verf is daar nie meer nie. – Japie Coetzee

Help my asb. reg. . . as die staat die privaat skool se onnies betaal en verseker dan ook die leerplan dikteer, hoekom is dit ’n privaat skool? – Meisie du Plessis

Kyk wat het geword van die Hoër Tegniese Skool Windhoek? Was eens een van die beste tegniese skole in Afrika, met die beste gereedskap en masjienerie, netjies en gedissiplineerd. Uit daardie skool het honderde ingenieurs, mediese dokters ensovoorts kwalifiseer. En nou? Alles is verwoes, afgebreek en gesteel. Deur wie? – Riaan van Wyk

* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-03-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer