Facebook 18 Maart 2026
“Privaat skool kap terug oor IEB:”
Hierdie is nie ’n GRN-storie nie. Hierdie gaan om seker te maak dat die skool waarin jou kind is se sillabus deur die universiteite erken word. So maklik soos dit. Gaan na jou skool toe en vra of jou kind met sy graad 12 universiteit toe kan gaan. En dan vra jy na watter universiteite toe. Van die skole het hierdie sillabusse al lankal gekies, maar nooit vir die ouers gesê dat daar beperkings vir jou kind ná graad 12 sal wees nie. Die regering doen jou ’n guns om jou aandag daarop te vestig dat jy seker is die sillabus wat jou skool aanbied is reg vir die kinders vir tersiêre onderrig. – Johan Pieterse
Johan Pieterse ek dink jy en die minister mis die punt want die enigste universiteit in die WÊRELD wat nie IEB aanvaar nie is UNAM. – Charl Wittmann
Ek het eenvoudig my dogter na Suid-Afrika gestuur vir matriek en toe studeer sy daar en werk ook daar. Ek dink die kinders het ’n better kans vir werk as hulle buite gaan studeer, ek glo nie in hierdie system nie. – Maria Mahalie
Minister van gesondheid was sy nie by ’n private skool nie, eto ek vra net? – Jannie N Natasja Resandt
GRN moet eerder fokus op hul eie stelsel en die standaard. Los tog die privaat skole uit. Doen wat hulle moet doen en gee goeie opleiding aan ons kinders. – Annemarie Schlechter Du Plessis
“Ma van vele in Indië:”
Is cheetahs indigenous to India? If not, what is she doing over there when they don't even have space to house their own tigers? – Merle Crouster
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie