Facebook 18 Augustus 2026
“Werknemers verdrink in skuld:”
Dan beroof die polisse jou nog ná jare se betaling. Hoe lank moet Namibiërs vure doodslaan om te oorleef en waar gaan dit eindig? – Esmeralda Claasen
Ou mense moet nooit weer vir hierdie regering stem nie; ons medies ’n gemors, N$1 700 se pensioen. Hoe moet ons lewe. – Lena Mudge
Hulle moet kyk of hulle daarmee sal kan lewe. Glo dan sal dit ’n ander storie wees. – Antoinette Posthuma
Die regeringsamptenare kry jaarliks ’n verhoging terwyl hulle reeds honderde duisende per jaar verdien plus al hulle ander voordele? – Mariaan Bronkhorst
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie