Photo Caption
Photo Caption

Facebook 14 September 2026

-

“Witvlei-kliniek betwis wanvoedingsyfers:”


Die getal per dag is nie van belang nie, die feit is dat daar wel ondervoeding is – dis wat van belang is. In ’n onafhanklike Namibië moet ons nie mense of kinders hê wat nie kos het om te eet nie. Ons is pynlik bewus van die erge honger wat in Omahekestreek heers en dit moet ons fokus wees om uit te wis, nie die simpel getalle daagliks nie. Die realiteit is mense kry vreeslik honger, wat doen die staat daaraan? – Molly Kaone


“Meer as 5 700 kwesbares wag nog op toelaes:”


Ek dink die minister moet saam met home affairs werk om mense wat alreeds afgesterwe het se inligting te bekom. Daar is van die pensioenarisse wat geen ander inkomste het en alleenlik net op die paar sente wag. Hoe moet hulle lewe en rates and taxes betaal as dit nou meer as vier maande is? Hulle sal ’n ander manier moet kry om dit te verhoed. – Sharon Ernst


Van ons wat nou 60 geword het en reeds al in Maart 2026 aansoek gedoen het, wag nog steeds. Sal maar net my kop skud. – Petro Vermeulen


Nou wonder ek gaan die mense hul toelaes kry waarvoor hulle al die maande gewag het? Dis mos hulle geld of word dit sommer net weggevat? Wat van skuld wat daardie mense moes aangaan om te lewe? Hierdie is hoegenaamd nie toelaatbaar nie. Gaan na die ombudsman. – Gerrie Scholtz


Ek het einde Januarie 2026 in Swakopmund my dokument ingedien en nog geen betaling ontvang nie. – Landie Coleman


Ek het sewe maande gewag en geen terugbetaling gekry nie. – Elizma Esterhuyse


What is going to happen with those officials who neglect service delivery? – Cobus Smith


* Beste lesers, keuring vir die ­publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesers­bydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van ­private besighede word eers aan die onder­neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer