facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 14 Julie 2023

Mandy Rittmann
“#Pas in: Sterk winde, sand op die pad na Luderitz:”

Ken daarvan. Dit is geen grap nie. Daardie sand is so hard soos klip, as jy te vinnig ry. Baie gevaarlik! – Jaene Schreuder

“‘Pappa Ramon’ misbruik glo kinders:”

Ai, hoekom altyd ’n kind misbruik! Sluit hom toe en gooi die sleutel weg! – Hope Venter

“#KYK: Haweloses in hoofstad:”

Liewe Hemelse Meester, vergewe vir ons dat ons nie genoegsaam uitreik na die minderbevoorregtes nie en ons medemense help nie. Omvou hom en baie andere onder U kosbare Hemelse kombers en bedek hom onder U bloed en vlerke. – Elsie Harases

En die klomp leë huise wat so staan? My Vader wees ons genadig. Daar naby NBC in die dorp en naby Nust. Social workers moet bietjie uitgaan in die strate en na die mense luister en kyk hoe kan die leiers help. – Joanie Daries

Ons mense sukkel, terwyl ons in so ’n ryk land woon. Here wees ons leiers genadig hulle is blind vir ons mense se swaarkry. – Melvin Martin

Ai, my mense. Ek het ook ’n probleem met my suster se kind wat in Klein Windhoek bly. Baie gesukkel, government ken ook, baie met hom gepraat en gedoen wat ons kan, al wat ek mos nou doen, is bid vir hom in die winterkoue. – Lena Kujambera

Die government moet vir hulle sorg, kos en warm slaapplekkie. – Hannelie Sowden

So ’n groot man op die straat. Families moet hul verskille en foute mekaar vergewe en opklaar, en families moet mekaar ondersteun. Titsê mense! Families het hom gesien, soos nou, maar hoor sal jy hoor, nee ons is nie familie nie. Ander sal nog lag en sê, ja so sal hulle op Facebook goed kom, maar die Here sien ook. Mag hy ’n beter heenkome vind in Jesus naam. Wie is ons om te oordeel? – Raycharles Frodeman

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer