Facebook 11 Februarie 2026
Voorblad 10 Februarie 2026:
Ek en my man “moes” ook weer trou na 50 jaar, nou is ons so bietjie meer as ’n jaar getroud. Ons skoondogter het as ’n getuie geteken. – Elbie Gouws
Ons het ook weer “getrou” ná 50 jaar. Hulle sit jou oorspronklike datum waarop jy getroud is op die nuwe sertifikaat. Dis maar net om die huwelik van voor onafhanklikheid so in die 1970 tot 1980 rond op die stelsel te kry. Die dokumente het weggeraak of is iewers gestoor nadat dit van Pretoria af gekom het. Ek sal almal aanraai om te gaan uitvind of hulle huwelik geregistreer is of nie. – Margaret Burger
Baie mense het dit oorgekom. – Moiselle Klein
Dis nie net ou getroudes nie. Ek en my man is amper 14 jaar getroud en ons is ook nie op die sisteem nie. O ja, ek is ook nie op die sisteem nie. Die issue wat ek het, is die manier hoe hulle jou help, een na die ander vra vir verskillende papiere. Die huweliksertifikaat sê hulle moet jy weer kerk toe gaan vir ’n brief. . . why?! Die kerk het niks te doen met jou troue nie. Die dominee wat jou getrou het (ons s’n is oorlede), is geregistreer by Home Affairs as commissioner of oath om mense te trou, die dominee kry sy boek by Home Affairs en word teruggegee aan Home Affairs. . . Dan het Home Affairs mos die bewys. Hoekom almal kerke toe stuur? Mors net almal se tyd. Ek sit met my original! En dis HULLE fout, hoekom moet mens so sukkel? Ek het my ID gekry met my getroude van, en ’n paspport, so ek WAS op die sisteem. Dis Home Affairs se fout, maar hulle kan my nie eens reghelp om als weer reg te stel nie. Dit het my drie weke en baie ure en heen-en-weer-ry gekos net om aansoek in te dien vir my geboortesertifikaat. Hulle noem dit “data update”. Dis shocking! – Alshé Olivier
Die grn-mense het net eenvoudig nie hul werk ná independence gedoen nie. Nou sukkel ons mense wat die Book of Life het met die huweliksertifikate. Onnodige papierwerk. – Erich Heinz Zahradnicky
Alles is een gemors, vir volle b/sertifikaat moet jy ook bewyse lewer van jou ouers, wat reeds gesterf het, dat hulle Namibiërs was. Daar is geen data vir ons wat voor 1990 getroud is, die antwoord wat ek kry, dit is saam geneem na SA. Hierop het ek die dame geantwoord dat home affairs die inligting opsetlik van die rekenaars verwyder het i.p.v. dra net die inligting oor. Oral is daar onbevoegde mense, wat net wag vir hulle salarisse. Die publiek doen vir hulle die werk, want alle huweliksertifikaat word ongeldig verklaar. – Pieter Gerhard van Wyk
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie