Facebook 1 April 2026
“N$1 mjd. bestee aan veterane se toelaes:”
Hoe verstaan ek nou? As die veterane afgetree het, het hulle reeds hulle pensioen gekry. Hoekom moet hulle weer betaal word? – Nicho Dauth
Hulle sal lankal onder die klippe wees, dan kry hulle dit nog steeds. – Pauli Potgieter
Mors jong, want dis hul belowe in Lubango, maar duisende ander het langs julle gesterf omdat hulle slimmer as julle was. – Billy Heydenrych
Wat ’n grap. En jongmense kry niks nie. – Japie Coetzee
Dit beteken elkeen kry om en by so N$43 000. Dis mos nou baie lekker! – Griet Engelbrecht
Julle spandeer N$1 miljard aan veterane, maar oumense moet vrek van honger en leef op N$1 700 ’n maand. Hoe dink julle? – Lilian Blaauw
Dis hul eie ou mense wat ook swaarkry, sy is net so oud maar lewe nou te lekker. Gedink dit is ’n vrou, dit sal beter gaan, maar nou gaan dit slegter. Wil hê sy moet net vir so drie maande van daai N$1 700 lewe, dan sal ons sien hoe vinnig sy dit opsit, want sy sal dood van die honger. – Sussie Steenkamp
What is the problem with the pensioners' money, why all these treatments. – Johanna Beukes
Ja en minister van finansies dink dis verregaande, sy maak grap van die N$100-verhoging en dis mos ook opgetel, maar dis oukei die stokkielekker word ook klaar. – Alma Benade
Increasing the minimum wage year-on-year for three years because that’s the minimum people should get to make a living but giving the elderly half of that is mind blowing – do they not also need at least a minimum of N$3 000 to make ends meet? – Whinsley Dean Beukes
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie