Photo Caption
Photo Caption

ESMV-bedreiging

Lesersbrief
Blikbrein

BLIKBREIN SKRYF:

Teen die bult buite Usakos steek ’n ekstra-swaar motorvoertuig (ESMV) met minagting nog so vragmonster verby en beset al die rylane! Dit is nie die einde van onnosele padgebruikers nie. Skaars ’n halfuur later, so 40 kilometer van Arandis, kom ’n jong jaagduiwel, in ’n wit Duitse motortjie, roekeloos en steek die opgehoopte ry motors, wat gevorm het agter nog twee ESMV’s, teen ’n groot spoed verby. Het die twee tonele oorvleuel was daar al weer op hierdie pad ’n grusame botsing. Hoe nou gemaak met ’n probleem wat gereeld lewens eis? Skei die twee voorbeelde so ver as moontlik in tyd en ruimte van mekaar. Maak die lang hoofpaaie ESMV-vry van sonop tot sononder op Sondae.

Patrolleer die nakoming van so ’n resolusie. Sigbare aanwesigheid van verkeerspolisie op die paaie sal help om windgatte te intimideer. Blikbrein sê maar net.


* Beste lesers, keuring vir die ­publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesers­bydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van ­private besighede word eers aan die onder­neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer