Die lewe. . .
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Die lewe is soos ’n winter grou
Winde koud en diep soos ’n mes
Bibber ja, ek verstaan seisoene nou
My hangkas leer my ’n les.
Soos ’n traan teen my venster afrol
Tussen vier mure vasgevang
Nat en grou eis sy tol
Die lewe gaan sy eie gang.
Vir somer hier en warm daar
Bloedig warm en krane sweet
Skielik het die lewe verjaar
Somer is hier om nie te vergeet.
Dan raak als net weg, een vir een
Grou vervaal die mis verdwaal
Blare val van bo soos die reent
Herfs se grys sal ons lot bepaal.
Daarshy nou soos voëls sing
’n Kleur skakeer blomme tapyt, O’ Heer
Natuur verkleur rus ek met God se beding
Dankbaar die lewe om te eer.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie