Die lewe...
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Die lewe is soos ’n winter grou
Winde koud en diep soos ’n mes
Bibber ja ek verstaan seisoene nou
My hangkas leer my ’n les
Soos ’n traan teen my venster afrol
Tussen vier mure vasgevang
Nat en grou eis sy tol
Die lewe gaan sy eie gang
Vir somer hier en warm daar
Bloedig warm en krane sweet
Skielik het die lewe verjaar
Somer is hier om nie te vergeet
Dan raak als net weg, een vir een
Grou vervaal die mis verdwaal
Blare val van bo soos die reent
Herfs se grys sal ons lot bepaal
Daarshy nou soos voëls sing
’n Kleur skakeur blomme tapyt O’ Heer
Natuur verkleur rus ek met God’s beding
Dankbaar die lewe om te eer
Die lewe is soos ’n winter grou
Winde koud en diep soos ’n mes
Bibber ja ek verstaan seisoene nou
My hangkas leer my ’n les
Soos ’n traan teen my venster afrol
Tussen vier mure vasgevang
Nat en grou eis sy tol
Die lewe gaan sy eie gang
Vir somer hier en warm daar
Bloedig warm en krane sweet
Skielik het die lewe verjaar
Somer is hier om nie te vergeet
Dan raak als net weg, een vir een
Grou vervaal die mis verdwaal
Blare val van bo soos die reent
Herfs se grys sal ons lot bepaal
Daarshy nou soos voëls sing
’n Kleur skakeur blomme tapyt O’ Heer
Natuur verkleur rus ek met God’s beding
Dankbaar die lewe om te eer
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie