No Image Caption

Dankie, dankie, dankie

Mandy Rittmann
ERNST VENZKE SKRYF:

Laas Donderdagaand, tydens ’n NTV-glansgeleentheid, het ek die Sam Nujoma Custodian of the Media-toekenning ontvang.

Dit was ’n baie spesiale eer wat my te beurt geval het.

Tydens my toespraak het ek ongelukkig nagelaat om diegene te bedank wat ’n rol gespeel het om die 42 jaar moontlik te maak.

Ek moet eerstens dankie sê aan my Hemelse Vader wat my die vermoë gegee het om te kan doen wat ek doen.

Dan moet ek die NBC bedank vir die tyd wat ek daar kon bydrae. In soveel verskillende rolle en met soveel verskillende verantwoordelikhede.

Begin in 1982 as ’n videobandoperateur, en die hoogste posisie wat ek beklee het, was dié van hoof van televisie toe ek die NBC 22 jaar later verlaat het.

Dankie Newsprint Namibia vir die wonderlike jare waar ons meeste Namibiese koerante gedruk het. Insluitend die opbou van ’n modern drukkery, sowel as verspreidingsnetwerk. Nie net het ons die koerante gedruk nie, maar dit ook daagliks na alle uithoeke van Namibië versprei. Gedurende hierdie jare het Newsprint vir ’n periode al die koerante in Namibië gedruk.

Dankie ook aan Network Television, dat ek kan bydra tot die nuwe opwindende uitdaging. NTV is die nuwe media, ons saai uit op televisie sowel as op meeste, indien nie alle sosialemediaplatforms nie. En ek is trots om te kan sê alles wat NTV uitsaai word plaaslik vervaardig.

Baie dankie aan oudminister Pendukeni Iivula-Ithana vir die oorhandiging van hierdie baie spesiale toekenning namens die Sam Nujoma-stigting. Die media speel ’n kritieke rol in enige samelewing, en ek is trots op my beskeie bydrae.

Dankie aan al my vriende en kollegas vir julle bydraes tot my loopbaan. En ’n spesiale dankie aan julle wat bygedra het tot die oorhandiging.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer