Photo Caption
Photo Caption

Dankie aan palliatiewe sorg by Zietsman-huis

JAN MOSTERT

JAN MOSTERT SKRYF:

Gedurende September 2025 is ek geopereer om ’n kwaadaardige gewas aan die sigmoïedkolon te verwyder. Komplikasies het egter ingetree met die gevolg dat intensiewe sorg nodig was en ek eers November 2025 uit die hospitaal en nasorgeenhede ontslaan is.

Tuis gekom, het dit geblyk dat verdere nasorg nodig was. Afgesien van ’n uitstekende mediese fonds, was my voordele uitgeput wat verdere nasorg betref.

Bewus van uitstekende diens aan ’n familielid tydens afsterwe by “palliative care” is dr. Zietsman gekontak en mediese bystand gereël en is ek in die sorgeenheid opgeneem, geleë in Klein Windhoek.

Nou wil ek graag dankie sê aan al die personeel wat my so mooi gehelp het met ’n intensiewe-nasorgdiens: Dierbare en sorgsame verpleging, geestelike bystand, terapeutiese behandeling en ’n holistiese benadering tot my geestelike en siektetoestand kon ek as ’n heel mens die inrigting na ses weke verlaat. 

Baie dankie dr. A. Zietsman, dr. Gerrit Keyter en personeel wat my so menswaardig en liefdevol behandel het. Elke leser hiervan kan gerus ’n brosjure by Jan Jonker-weg 3 in Klein Windhoek afhaal en ’n besoek bring aan ’n inrigting wat u of u familie eendag in die toekoms nodig mag hê.


* Beste lesers, keuring vir die ­publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesers­bydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van ­private besighede word eers aan die onder­neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer