BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Jesaja 7:14: ’n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.
Jare gelede het my vrou ’n boek gelees oor God en lyding, geskryf deur ’n Joodse outeur. Sy het dikwels gesê dit was briljant, maar dat iets ontbreek het. Ek het vir haar gesê dat Jesus ontbreek.
Dit mag klink na ’n oorvereenvoudiging, maar ons kan nie oor God en sy betrokkenheid in die wêreld praat sonder om oor Christus te praat nie. In die geskiedenis het mense God se wese dikwels geskei van sy dade in die wêreld. Dit het tot ’n koue en afgesonderde manier van dink oor wie God is, gelei.
Deesdae fokus ons meer op die eenheid tussen God se wese en sy openbaring in Christus. Dit bring egter ook sekere risiko’s mee. Ons kan God reduseer tot net dit wat ons in sy dade kan sien. Ons kan ons ontsag, die misterie en eerbied vir God se goddelike wese verloor. Die uitdaging is om aan beide waarhede vas te hou: God is groter as wat ons kan verstaan, maar Hy openbaar Homself in Christus.
In hierdie Adventstyd word ons weer herinner aan die wonderlike God wat ons aanbid. Sonder die God wat Homself in Christus geopenbaar het, sou Hy ver en onaangeraak bly wanneer ons ly. Ons ken God egter anders. Hy het gekom om onder ons te woon. Jesus is Immanuel - God met ons in elke situasie: in hospitale, versorgingsoorde, in tye van rykdom of armoede, in siekte en gesondheid, in lewe en in dood.
Ons loof U, Immanuel. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie