Bybelse wysheid
DR. ANNES NELEfesiërs 6:11: “Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.”
Een van my professore het dekades gelede geskryf dat dit dwaas sou wees om ’n wêreldmoondheid met ’n handgemaakte slingervel aan te pak. Ek dink dikwels aan daardie woorde wanneer ek Efesiërs 6 lees. Dit herinner my aan Dawid en Goliat – hoe dwaas Dawid moes gelyk het om ’n reus met net ’n slingervel te trotseer!
Paulus sit in die tronk. Hy is deeglik bewus van die magtige Romeinse Ryk. Hy weet dat die werklike stryd nie teen mense is nie, maar teen die bose magte. Agter ongeregtigheid, verdeeldheid en versoeking skuil die duiwel – die groot bedrieër – wat aanval deur leuens, hoogmoed, vrees en wanhoop.
Ons sien vandag nog steeds sy werk: in gebroke verhoudings, in liefdelose huise wat mense breek, en in kerke wat hul eenheid weens verskille opoffer. Die duiwel se doel is om ons geloof te verswak en ons te laat vergeet aan wie ons behoort.
Paulus bemoedig ons: God het ons sy wapenrusting gegee – waarheid, geregtigheid, geloof, verlossing en sy Woord – sodat ons standvastig kan staan.
Op ons eie is ons te swak, maar in Christus is ons sterk. Dieselfde God wat Dawid gehelp het om Goliat te oorwin, stel ons in staat om enige reuse wat oor ons pad kom, die hoof te bied.
Here, dankie dat u wapenrusting my help om standvastig in geloof te bly staan. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie