Bybelse wysheid
DR. ANNES NELEsegiël 16:63: “Jy sal van skaamte nie weer jou mond oopmaak nie, want Ek gaan My met jou versoen ten spyte van alles wat jy gedoen het.”
In die 19de eeu het die predikant Brummelkamp geskryf dat hy dikwels die behoefte gevoel het om sy gemeente te veroordeel.
Wanneer hy egter op die kansel gestaan en hulle gesigte gesien het, het sy hart sag geword. In plaas van veroordeling het hy hulle herinner aan die troosryke beloftes van die evangelie. Ons het God se genade nodig.
God is heilig en het alle reg om sonde te oordeel. Tog kies Hy versoening – nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat dit is wie Hy is.
Die teoloog Noordmans het geskryf dat God se heiligheid Hom die reg gee om met sonde te doen wat Hy wil. In sy genade kies Hy egter versoening. In Esegiël 16:60-63 bevestig God sy verbond met ’n sondige volk. Die gevolg? Skaamte, omdat sy genade ons oorweldig.
In Christus regverdig God die goddelose (Romeine 4:5; 5:6-10). As jy vandag swaar dra aan skuld, hoor dit: God wag nie vir jou om sondeloos te wees nie. Hy vergewe ten spyte van sonde, omdat Hy goed is. Hy gee vir ons ’n sak vol beloftes – vervul in Jesus. In Christus hou God nie meer jou sondes teen jou nie. Ontvang hierdie troos en deel dit uit. Almal het dit nodig.
Vader van genade, dankie dat U my sondes versoen het deur Jesus Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie