Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NELEksodus 4:20: Toe is Moses met sy vrou en kinders na Egipte toe.

Nadat ons al Moses se besware in ­Eksodus 3 en 4 bespreek het, het hy sy roeping aanvaar. Hy vra sy skoonpa om hom toe te laat om terug te gaan na sy mense toe.

God het die rigting van sy lewe verander. Die vlugtende, vreesbevange, twyfelende en stotterende man word iemand wat deur die Here se visie gedryf word.

God het Moses se twyfel nie met ’n kragtige armswaai van die tafel afgevee nie. In plaas daarvan het Hy elke beswaar in die lig van sy bevrydende teenwoordigheid geplaas.

God se teenwoordigheid bring ’n nuwe realiteit van geloof tot stand. Hy nooi ons om Hom op hierdie reis te vergesel en in sy krag en teenwoordigheid te lewe.

Wie kan in die Here se diens staan? In ons wêreld besluit mense wie vir God mag werk — wie se CV foutloos is, en watter rolle waar en wanneer pas - alles op grond van menslike oorwegings.

As God jou egter roep, gaan die pad oop. Vanuit God se perspektief is die pad duidelik. Hy aanvaar nooit ons bedanking nie. Hy sê nooit: “Jy het ’n geldige punt.”

Hy kies ons nie op grond van sekere persoonlike eienskappe nie. Hy het dit nie met Jeremia, Moses, Gideon, sy dissipels of Paulus gedoen nie. Hy doen dit ook nie met jou nie.

Ons swakheid is nie ’n hindernis nie, maar ’n voorvereiste — want dan kan God deur ons werk.

God van genade, dankie dat U u krag deur my swakheid openbaar het.

Kommentaar

Republikein 2025-10-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer