BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Openbaring 21:4,5 Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. ...Die dinge van vroeër het verbygegaan.
Wanneer jy in die spieël kyk, onthou dat jy God se handewerk is. Tog weet ons ook dat ons nie is wat God ons bedoel het om te wees nie. JJ Buskes het geskryf dat daar eens ’n wêreld sonder lyding was. Hierdie wêreld was sonder sonde en sonder vervreemding van God.
Ons ongehoorsaamheid het ’n afstand geskep wat slegs deur God se genade beredder kan word. God moes iets nuuts doen. Hy het dit deur Jesus gedoen. Hy het die wêreld met Homself versoen. Dit is nie al nie. Jesus het omgegee vir die mense wat deur die samelewing, omstandighede en die gebrokenheid van die wêreld verpletter is. Jesus is die ideale koning van Ps. 72. Hy staan langs blindes, kreupeles, vroue en kinders.
Openbaring droom van ’n nuwe orde. Nou is daar trane. Dan sal daar nie meer trane wees nie. Nou sterf ons. Dan sal daar geen dood meer wees nie. Dan sal ons nie meer van God vervreemd wees nie. Wanneer sonde nie meer bestaan nie, sal lyding ook verby wees.
En so sal God se uiteindelike doel bereik word deur sy vernuwing van ’n wêreld gevul met sy teenwoordigheid.
Vader, dankie vir die sekerheid van ’n nuwe aarde in u teenwoordigheid, deur Jesus ons Here. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie