Bybelse wysheid
DR. ANNES NELLukas 12:6,7: “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
Die pyn van verlies is erger as die dood. Dit maak nie saak wat ons verloor het nie, dit is moeilik – ’n belangrike verhouding, huwelik, werk, belegging, huis of kar. Terwyl ons leef, treur ons oor so ’n verlies. Soms is die ergste van so ’n verlies dat dit wat ons verloor het, steeds daar is. Ons sien dit elke dag. Een van die verse wat soms aangehaal word om te sê God het dit toegelaat, is Matteus 10:29. Ongelukkig is hierdie vers baie keer verkeerd vertaal. In hierdie vertalings word gesê nie een mossie val op die grond sonder “die wil van julle Vader nie”. Die woord “wil” kom nie in die Griekse teks voor nie. Dit sê eerder dat geen mossie op die aarde sal val sonder die Vader nie. Lukas gebruik nie die woord “wil” nie. Hy stel dit anders: God vergeet nie een van die mossies nie!
Dit maak ’n groot verskil! As God nie mossies vergeet wanneer hulle val nie, sal Hy ons beslis onthou! God is daar wanneer die mossie val. God is daar wanneer mense ly, treur en sterf. God is vandag by jou.
Here, laat hulle wat die pyn van verlies ervaar, vandag ervaar dat U by hulle is, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie