Bybelse wysheid
            
                                                            DR. ANNES NELMatt. 6:14-15: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”
Dietrich Bonhoeffer het opgemerk die wêreld weet nie dat mense deur sonde vernietig word nie. Hulle weet ook nie dat dit deur vergifnis genees kan word nie. Net die Christen weet dit. Ons is anders deur ’n wonderlike, finale daad van God, naamlik vergifnis.
Jesus leer ons bid: en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree (Matt 6:12). Nadat Hy ons hierdie woorde geleer het, herhaal Hy dit op ’n ander manier: ons kan nie reken op God se vergifnis as ons nie ander vergewe nie (Matt 6:14-15). Ons dink dit is nie so ernstig as ons kan verduidelik hoekom ons iemand nie kan vergewe nie. Tog, wanneer God ons roep om te vergewe, is dit ’n saak van lewe en dood – God se vergifnis!
Tog vind ons selfs onder Christene bitterheid en onvergewensgesindheid. Wanneer ons ’n besluit moet neem oor iemand wat ons skade aangedoen het, of ’n aanbeveling moet skryf, of ’n opmerking oor die persoon maak, grawe ons net die ou stories uit, kyk krities daarna en verklaar die persoon ongeskik. Jakkals verander van hare, maar nie van snare nie. Regtig? Het God jou deur sy vergifnis verander? Wel, dan kan Hy ander mense verander deur jou vergifnis.
Gees van God, leer ons om te doen wat U Woord sê, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie