Bybelse wysheid
DR. ANNES NELRigters 2:10: “. . . die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van Sy groot dade wat Hy vir Israel gedoen het om te help nie.”
Sal ons kinders nog in God glo? Josua en sy leiers het geweet van die groot dade van God. Ná sy dood het mense opgehou om die Here te dien. Volgens die skrywer van die boek Rigters het hulle nie van God se groot dade geweet nie.
Wat het gebeur? Iets is afgeskeep. Keer op keer in die geskiedenis van Israel is die viering van God se verlossingsdade afgeskeep. Die viering van die Pasga moes, byvoorbeeld, herhaaldelik in die geskiedenis van Israel heringestel word. Hierdie fees was die viering van die groot verlossing uit Egipte.
God red. Mense is gelukkig, maar net vir ’n kort tydjie. Dan vergeet hulle. Hierdie tipiese gedrag word oor en oor in die boek Rigters herhaal.
Miskien moet ons nie die boek Rigters te negatief beoordeel nie. Dit is bedoel om ’n spieël vir ons te wees. Die vraag wat ons moet beantwoord, is: Sal ons kinders nog weet van die groot dade van God? En hulle kinders? Wat is ons aandeel in die agteruitgang van geloof in die een ware God? In watter mate is ons die draers van hierdie geloof? Ons moet God se goedheid as gesinne en kerke vier, anders sal ons kinders nie glo nie.
Vader, ek bely dat ek meer kan doen om my geloof in U te deel. Gebruik my, tot eer van U Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie