Bybelse wysheid
DR. ANNES NELEksodus 4:10: “Ag Here, ek kan nie mooi praat nie. Ek kon nog nooit, en selfs nou nadat U met my gepraat het, sukkel ek nog. Ek praat stadig en ek hakkel.”
Navorsing wys dat een van ons mees onrealistiese vrese die vrees is om in die openbaar te praat. Al weet ons niks sleg gaan regtig gebeur nie, is ons tog bang.
Moses het ook so gevoel. Nadat God hom van sy nabyheid verseker het, kom Moses terug na sy grootste vrees: “Wie is ek?” Hy sê: “Here, ek kan nie mooi praat nie. Ek hakkel. Ek sukkel nog altyd hiermee.”
Die Here antwoord hom met dieselfde versekering: “Ek is by jou.” Hy gebruik nie perfekte mense nie. Dit is nie hoe goed ons kan praat wat saak maak nie, maar dat Hy saam met ons is en dat dit sy Woord is wat die werk doen.
Ek onthou ’n man in ’n dorp waar ek gebly het. Hy het op ’n fiets gery met ’n kruis agterop. Hy het elke kans gebruik om mense van die Here te vertel. Hy het hard gepraat. Sy spraak was nie altyd duidelik nie, want hy het ’n gehoorapparaat gedra en soms met sy spraak gesukkel. Hy wou eenvoudig die goeie nuus deel. Hy het my aan Moses laat dink – iemand wat God gebruik het, al het hy swakhede gehad.
Die Here toon sy krag in ons swakheid. Soos Paulus sê: “Wanneer ek swak is, dan is ek sterk” (2 Kor 12:10).
Here, dankie dat U my gebruik, ten spyte van tekortkominge. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie