Bybelse wysheid
            
                                                            DR. ANNES NELEksodus 3:11: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?” 
Moses sleep sy voete met vyf besware. Die eerste een is algemeen wanneer God ons roep om iets te doen: “Hoekom ek? Wie is ek nou eintlik?” Ons hoor dit in die Bybel by Gideon (Rigters 6:15), Saul (1 Samuel 9:21) en Jeremia (1:6). Ons aanvanklike reaksie is: “Ek moet hier wegkom!” Ons is te jonk, te klein, te magteloos. Ons verklaar onsself onbevoeg. Iemand anders is beter geskik vir die taak.
Moses se huiwering is nie ongegrond nie. Sy verlede is nie rooskleurig nie – hy het iemand in Egipte vermoor. Om terug te keer en die farao met hierdie taak te konfronteer, is skrikwekkend.
Die Here se reaksie is wonderlik: “Ek sal by jou wees” (3:12). Die bewys dat God hom gestuur het, sal eers mettertyd duidelik word, nie dadelik nie (3:12). Geloof is om die Here sonder bewyse op sy Woord te neem. Dis moeilik, maar dis die pad van geloof.
Hierdie versekering weergalm regdeur die Skrif, veral in die roeping van profete en, die duidelikste, in Jesus se belofte om by sy dissipels te wees wanneer hulle die evangelie verkondig (Matteus 28:16–20). Hy is Immanuel – God met ons. Hy stuur ons nooit alleen nie.
Here, dankie dat U by ons is, selfs wanneer ons bang is vir die taak voor ons. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie