Bybelse wysheid
DR. ANNES NELHebreërs 12:28-29: “Laat ons, wat ’n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ’n verterende vuur.”
Hierdie brief beklemtoon dat Christus die volmaakte Koning, Priester en Profeet is. God se finale woord is Jesus Christus. In Jesus sien ons die wese van God. Hy is Heer! (1:3, 8). Jesus se offer het ons vir ewig en volkome van sonde bevry (10:14).
Die lesers, geïnspireer deur Jesus se verdienste, het die ou lewe agtergelaat. Sommige van hulle verlang egter nou daarna om na ou Joodse wette en seremonies terug te keer. Die brief waarsku hulle om nie, soos Esau, korttermynvoordele bo God se beloftes te kies as gevolg van hulle swaarkry nie. In wese is dit om die offer van Christus te verwerp.
’n Ondankbare lewe sonder eerbied en ontsag vir die God wat ons in Jesus Christus gered het, is soortgelyk aan die verwerping van die onwankelbare koninkryk wat God vrylik aan ons gegee het (12:28). Elkeen wat hierdie koninkryk as ’n geskenk ontvang het, maar voortgaan om te leef vir ’n verbygaande koninkryk, sal God as ’n verterende vuur ontdek. Ons moet na sy stem luister en nie sy woord verontagsaam nie (12:25-27).
Ja, God is barmhartig. Christus het vir ons sondes gesterf. Tog sal ons die toorn van God in die gesig staar as ons hierdie offer ons hele lewe lank vertrap.
Here, ek aanbid U! Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie