Bybelse wysheid
DR. ANNES NELHebreërs 10:26: “Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het. . .”
Die kerk is in ’n krisis. Sommige glo dit is in die verlede vasgevries en het sy lewenskragtigheid en toepaslikheid verloor – ’n plek vir middeljarige mense, nie vir die jeug nie. Is dit ons grootste krisis? Nee, die skrywer van Hebreërs beklemtoon ons het kennis van die waarheid ontvang. Hierdie waarheid is dat Jesus Christus se offer genoeg is vir ons redding. Sommige mense kies egter om doelbewus hierdie waarheid te verwerp. Hy gebruik die onderskeid wat in die Ou Testament tussen opsetlike en onopsetlike sonde gemaak word (Numeri 15:27-31). Nou is opsetlike sonde om die Seun van God te vertrap en sy offer te verwerp (10:29). Ons krisis is ons het verveeld geraak met die waarheid dat Jesus genoeg is vir ons redding. Ons probeer om Christus se werk met ons eie pogings aan te vul – ons voer oorlog teen die duiwel, ten spyte van die feit dat Christus reeds die oorwinning behaal het (2:14-15). Ons verkondig dat Jesus “genoeg” is, maar voeg dan “plusse” by: Plus spesiale ervarings, spesiale dae, of selfgemaakte stappe om ’n “ware” Christen te beskryf. Hierdeur ondermyn ons die genoegsaamheid van Christus se offer (Hebreërs 10:29). Christus is genoeg! Niks kan of hoef bygevoeg te word by wat Hy vir ons gedoen het nie.
Here, ek aanvaar vandag weer dat U genoeg is vir my. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie