Bybelse wysheid
DR. ANNES NELHebreërs 10:26: “Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie.”
Johannes Calvyn, die kerkhervormer, het gesê die belangrikste verskil in hierdie gedeelte lê daarin of ons kies om in die hande van ’n liefdevolle God te val, of in die hande van ’n God wat oordeel. Hierdie verskil lê in die “opsetlik” in Hebreërs 10:26.
Wat is opsetlike sonde? Vir die skrywer van Hebreërs gaan dit nie net oor af en toe of dalk herhalende sondes nie. Ons is almal skuldig daaraan.
Is ons dan verlore? Nee, gelukkig nie. Dwarsdeur die brief aan die Hebreërs word die eenmalige en volmaakte offer van Jesus beklemtoon (10:12). Hierdie offer bevry ons heeltemal van alle sonde (10:14). Ons hoef nooit weer offers vir ons sonde te bring nie (10:18). Die oordeel is opgehef!
Opsetlike sonde is die verwerping van Jesus Christus se offer. Ons doen dit op verskillende maniere, soos om te sê ons het soveel verkeerd gedoen dat God ons nie hierdie keer kan vergewe nie. Of ons kan besluit om God se genade te verwerp.
Moet nooit dink jou lewensverhaal sluit jou uit van God se genade nie, of dat jou sonde dit kan uitwis nie. Christus se offer was genoeg vir die sonde van die wêreld! Daarom kan jou sonde dit nie uitwis nie!
Here, dankie dat U genade groter is as my sonde. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie