Bybelse wysheid
DR. ANNES NELHebreërs 10:34: “Julle het met die gevangenes meegevoel gehad, en toe op julle besittings beslag gelê is, het julle dit met blymoedigheid aanvaar, omdat julle geweet het dat julle ’n besitting het wat beter en blywend is.”
Die lewe is soms moeilik vir Christene. Dit is duidelik die lesers van Hebreërs was onder geweldige druk. Tog het hulle volhard in geloof toe hulle ernstige beledigings, openlike bespotting en vervolging verduur het (10:32). Dis verstaanbaar dat hulle onder groot druk was om hulle geloof te laat vaar.
Wat was hulle reaksie? Eerstens het hulle meegevoel vir ander gehad (10:33). Hulle het hulle vereenselwig met mense wat vir die evangelie ly. Hulle het geweier om op ’n afstand te staan, maar aktief betrokke by hierdie mense geraak.
Tweedens het hulle prioriteite verander. Toe hulle besittings weggeneem is, het hulle nie daaraan vasgehou nie. Die nuwe lewe in Christus oortref die oue. Dit verseker ’n besitting wat blywend is (10:34 – sien ook 11:13-16).
Wanneer ons die groot genade van God begryp, vind ons selfs vreugde in vervolging ter wille van die evangelie (10:34). Jesus sê ons kan ons in sulke omstandighede verbly. Ons beloning in die hemel is groot (Matteus 5:11-12).
Ons troos is God sal nie toelaat dat die lig van sy genade in ons uitgeblus word nie – al kry ons swaar ter wille van Hom.
Vader van genade, dankie dat U ons deur moeilike tye ondersteun. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie