No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NELEksodus 32:1: “Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit sal gaan.”



Dit is moontlik om so verdiep te wees in die aanbidding van God dat ons uiteindelik eerder ’n afgod aanbid. Aäron se poging om die bulkalf ’n fees vir die Here te maak (Eksodus 32:5) was ’n verskriklike fout. Die bevryder word die beeld wat hulle van Hom skep. Ons verruil nie net God vir ander gode nie; ons giet Hom ook in ’n beeld van ons eie keuse (sien Psalm 106:19-20).



Terwyl Moses besig is om te luister na hoe God gedien moet word, is die mense besig om Hom op hulle eie manier te dien. Mense kies ander gode omdat hulle funksioneel is of omdat dit vir hulle “werk”. Dis ’n klap in die gesig van God.



Afgodery is god-plaasvervangers. Goud, silwer of klip is nie meer beelde van ’n god vir ons nie. Dit is erger. Hulle word die inhoud van ons lewens. So word dit ons god: geld, roem, mag, seks, kos, alkohol, ouers, eggenote, kinders, vriende, werk, ontspanning, selfs die kerk en politieke en ekonomiese ideologieë. Rudolf Bultmann het opgemerk dat meer gode of altare tekens van vrees is. Die lewende God, wat Homself in Christus geopenbaar het, is die enigste God wat die moeite werd is om te volg en te dien. Die ander sal jou net teleurstel! Die enigste God is die ware God. Die ware God is die enigste God.

Kommentaar

Republikein 2025-06-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer