Bybelse wysheid
DR. ANNES NELGal. 5:6b: “Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.”
“Love, love, love . . . all you need is love, love is all you need.” Die van ons wat oud genoeg is, sal hierdie woorde van die liedjie van die Beatles onthou.
My indruk is dat die meerderheid popliedjies oor liefde gaan. Ons het liefde nodig!
Dit is egter ook die probleem. Paulus praat nie van liefde wat ons nodig het nie, maar liefde wat ons gee. Natuurlik het ons liefde nodig, maar dit is meer selfgesentreerd.
Om liefde te gee, sê Paulus, is die vrug van geloof. Geloof wat nie in liefde vrugte dra nie, is geen geloof nie.
Geloof, lewe deur die Gees, word sigbaar wanneer dit in liefdesdade oorgaan. Deur die Gees van Christus sal liefde vir die Here en mekaar dus ons lewenstyl wees.
Ons kry dit egter nie altyd reg nie. Ons maak dikwels foute en verloor soms hoop dat God ons liefhet. Tog hou die Gees, as waarborg van God se liefde, ons hoop lewend (5:5). Nie die kwaliteit van ons lewe nie, nie ons werke nie, maar Christus is ons verlossing.
Die Gees herinner ons voortdurend aan hierdie vaste waarborg van ons verlossing. Die Gees hou ons harte brandend vir die dag wanneer God finaal sal verklaar dat ons vrygespreekte mense is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie