Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Bybelse wysheid
Bybelse wysheid
Sanet Pearson

DR. ANNES NEL

Romeine 10:17: “Die geloof kom dus deur die prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.”

Hoe ontmoet ons Christus? God kom na ons toe uit genade. Hy openbaar Homself in Christus omdat Hy ons liefhet. Hy doen dit deur sy Woord. Die Heilige Gees werk deur daardie Woord om ons harte oop te maak en geloof in ons te skep.

God se Woord bereik ons op baie maniere. Ons hoor dit by ons ouers, in die kerk, in ’n preek, of wanneer ons self die Bybel lees. Ons kan God dank vir mense wat die goeie nuus getrou met ons gedeel en in hulle lewens uitgeleef het. Deur hulle het ons geleer om Jesus te volg.

Maak nie saak hoe dit gebeur het nie, God kies om deur die Skrif met ons te praat. Wanneer ons die Bybel oopmaak, lees ons nie net ou woorde nie. God ontmoet ons daar. 

Johannes Calvyn het gesê dat die Bybel soos die klere is wat Christus dra sodat ons Hom kan ken. Christus is die verkondiger en die inhoud van die verkondiging.

Soms werk sy Woord stil en bring dit vertroue en vrede in ons harte. Ander kere tref ’n vers of boodskap ons direk, en ons weet: Vandag het God met my gepraat. Hoe dit ook al gebeur, ons geloof groei wanneer God ons aanspreek.

Uiteindelik vertrou ons nie die Bybel as ’n boek nie, maar God self. Deur die Skrif ontmoet ons Christus. In Hom vind ons ware rus.

Here, dankie dat U vandag met my praat. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-02-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer