Balans is noodsaaklik
Mense is ewe magtig en altyd kwesbaar. Ewe wonderlik en altyd so vol mislukkings. Ons kan enigiets bereik, maar ook in die eenvoudigste lokval trap. Ons wen, ons streef, ons bereik letterlik die sterre in die naghemel, maar ons kan nie na ons medemense omsien nie. Ons kan nie ons eie, enigste aarde beskerm nie. Ons kan nie daarin slaag om geregtigheid uit te leef nie.
Die oorwinnaar moet geduring teen sy eie selfvertroue waak. Die mislukker moet homself gedurig daaraan herinner dat hierdie tekortkoming ook net tydelik is. Uithouer wen altyd, maar die oorwinnaar bly in gevaar, meestal van hom of haarself.
In Engels is daar ‘n snaakse woord: ‘Hubris.’
Google se kunsmatige intelligensie beskryf dit as oormatige, gevaarlike trots of arrogansie wat dikwels tot ‘n beduidende ondergang lei. Dit is afkomstig van die Griekse woord vir trots of woede, en beskryf ‘n oormoedige houding wat grense, hetsy persoonlik, sosiaal of selfs goddelik, verontagsaam en wat lei tot ‘n persoon of groep se uiteindelike ondergang of mislukking.
Tog is dit die natuurlike gevolg van oorwinning, veral herhaalde sukses. Hoe oortuig jy ‘n wenner dat hy of sy dalk kan verloor? Hulle klou dan so styf vas aan die oortuiging dat hulle sal seëvier, en met goeie rede. Daardie geloof is van die allergrootste belang. Mens moet glo dat jy sal wen, om te kán wen.
Tog is hubris ‘n groot gevaar. Dit kan jou verblind tot ‘n ander belangrikke feit van die lewe. Jy is nie alleen nie en al kan jy iets self regkry, het jy steeds jou medemens nodig. Al wen jy die magtigste koninkryk vir jouself, sal ander mense steeds die koninkryk moet onderhou en moet handhaaf. Jy kan nie alles self doen nie.
Ek sê net dat ons almal daardie balans tussen ons swakpunte en ons sterkpunte moet vind en handhaaf. Ons moet altyd onthou dat ons kan wen, maar ons kan ook verloor. Dis deel van menswees. Ons is elkeen jammerlik, maar ons is ook wonderlik.
Hiervoor is dit nodig om die perke van ons eie verantwoordelikheid mooi te ondersoek.
Selfs die keiser van die wêreld sal nie na elke lewende wese kan omsien nie. Al aanbid elke mens hom of haar, al voer elke beampte en soldaat al sy of haar opdragte met mening, toewyding en eer uit. Al het hy of sy elke sent en dollar op aarde beskikbaar, alle mag, alle gesag, alle gehoorsaamheid. Nee, dit is te veel vir ‘n mens, en iets wat net alleenlik die Here kan aandurf. Tog sou die keiser se hubris onweerstaanbaar oortuigend wees. ‘Jy is almagtig, net jy kan!’ Dit sal hy of sy gedurig hoor en waarskynlik glo, al is dit in werklikheid onmoontlik.
Niemand kan vir die hele wêreld pa staan nie, en niemand behoort daardie las te probeer opneem nie.
Aan die ander kant moet elke persoon se krag meer dien as sy of haar eie luukse selfbelang. Om slegs jouself te dien, is ook ‘n lokval. Daar moet meer wees om na te streef as jou eie sukses.
Wanneer jou situasie egter die teenoorgestelde is, en dinge hopeloos lyk omdat jy magteloos voel, moet jy nie jou eie vermoë om jou werklikheid te kan verander, uit die oog verloor nie. Want jy kan altyd jou werklikheid verbeter deur met jouself te begin. Jy het al die gesag oor jouself en so kan jy ook jou wêreld beïnvloed. Jy kan altyd jouself verbeter. Jy kan altyd jou lewe verbeter. Jy kan altyd jou ervaring verbeter, solank jy onthou dat jy kan.
Dit bring ons weer terug tot by die uiters belangrike balans wat elkeen van ons daagliks moet handhaaf. Ons kan nie bekostig om in wanhoop te verdrink nie, maar ons moet ook nie toelaat dat ons hubris ons van onwaarhede oortuig nie. Elke dag se ervaringe dryf van die een uiterste na die ander. Sonder die bewustelike poging om balans te handhaaf, kan enigiemand hulself verloor. Ons bly almal altyd so kwesbaar, al is ons elk so wonderlik kragtig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie