Anders dog dieselfde
ROBBIE THOMPSON SKRYF:
Republikein van Woensdag 14 Junie, skryf beide Meester Godfey Kleinhans en Andrew Poolman in hulle bydrae onder andere oor “andersheid” in mense, veral kinders. Ek stem heelhartig saam dat ons, ons verskille moet respekteer en aanvaar. So ook met rugby, my (ons) geliefde spel. Ek sien die Blou Bulle is op pad hierheen. Mooi foto van Die Manne. Willem se dollar smile en Petrie wat die blou truitjie met sy vingerpunte vasknyp, soos ’n warm swart toffie. Die twee HUB lyk soos handlangers wat met die Baas ’n site visit doen! Hoe lykkit met ’n visit van Ashwin Willemse se Sââks vir ’n slag, of daai Brekers van Witbank? Vrystaat (Lees Namibië) bly ook almal se gunsteling! Oom Paul is ook stil. O ja. Ekskuus. Die moral van die storie is, almal skree nie vir Man U of Liverfool nie. So kom ons embrace ons andersheid.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie