No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 17 OKTOBER 2005



• Die direksie van die Offshore Development Company (ODC) het voor die naweek die stilswye oor die belegging van meer as N$101 miljoen verbreek en begin nou self twyfel of die maatskappy nie in ’n bedrogspul ingesleep is nie.



• ’n Aardskudding wat drie op die Richterskaal gemeet het, het Vrydag net noordoos van Windhoek voorgekom.



DINSDAG 18 OKTOBER 2005



• Die vermeende moordenaars van die bejaarde me. Ruth Will (81) wat Saterdagnag wreed op die plaas Gaidas by Otavi om die lewe gebring is, verskyn vandag in die hof.



• Die groot heksejag na ’n kuberspioen het by TransNamib begin met minstens twee summiere skorsings en vele mense wat onder verdenking staan.



WOENSDAG 19 OKTOBER 2005



• Air Namibia se vergrote kapasiteit veroorsaak nou groter verliese en dit kan nie aan die verhoging in brandstofpryse toegeskryf word nie, want die Namibiese dollar is sterker teen die Amerikaanse dollar.



• Twee jong mans van Otavi het gister aan ’n landdros op Grootfontein vertel hoe hulle Saterdagnag vir me. Ruth Will (81) in die slaapkamer van haar plaashuis oorval en vasgebind het en toe voortgegaan het om die huis vir geld te deursoek.



DONDERDAG 20 OKTOBER 2005



• Die nuwe direksie en bestuur van Agribank beplan om dié instelling binne drie jaar met ’n omvattende strategie vir risikobeheer, laer bedryfskoste, groter winsgewendheid en beter diens reg te ruk.



• Duisende Namibiese dollar word sedert 5 Oktober by NaTIS se kantoor op Opuwo vermis en twee amptenare van die dorpsraad word met die verdagte verduistering van geld verbind.



VRYDAG 21 OKTOBER 2005



• Die Bastergemeenskap is gister in rou gedompel met die dood van mnr. Dap Izaaks, een van die volk se bekendste steunpilare.



• Twee vlieëniers uit die buiteland het gister om 06:20 gesterf toe die Cessna 210 waarin hulle besig was met geofisiese opnames oor die Khomas Hochland neergestort het.

Kommentaar

Republikein 2026-03-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer