No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 10 OKTOBER 2005



• Die Windhoek-munisipaliteit beplan om aanstaande jaar nog 600 erwe in Auasblick, Cimbebasia en Khomasdal aan grondhonger inwoners van die stad beskikbaar te stel.



• Die Windhoek Skou het die naweek afgesluit met sowat 21,5 persent ­minder mense wat vanjaar die geleentheid bygewoon het.



DINSDAG 11 OKTOBER 2005



• Ontstoke landdroste oorweeg om ’n arbeidsgeskil te verklaar weens ­beweerde diskriminasie met die advertering van 18 tydelike bevorderingsposte om die groot agterstand in die land se laerhowe te help uitwis.



• Die kuberkraker van TransNamib het weer toegeslaan en ’n nes van ­on­reëlmatighede, wangedrag en moontlik ook bedrog en korrupsie oopgevlek waarby miljoene ter sprake is.



WOENSDAG 12 OKTOBER 2005



• Die vuurvreter-oudpolitikus en steunpilaar van die Bastergemeen­skap, die 72-jarige mnr. Dap Izaaks, verkeer in ’n kritieke toestand in die Rooms-Katolieke hospitaal in Windhoek nadat hy Sondag in ’n motor­ongeluk beseer is.



• Ondanks gevaarligte wat flikker vir TransNamib se spoorvragverkeer, gaan die semistaatsmaatskappy hom nou weer op eiendomsontwikkeling en bestuur begewe, ’n ekonomiese veld wat ver verwyderd van sy sleutelfunksie staan.



DONDERDAG 13 OKTOBER 2005



• Huidige wetgewing moet gewysig word sodat aanstellings in die staatsdiens voortaan op meriete geskied ten einde skoon, verantwoordelike, doeltreffende en deursigtige administrasie te verseker.



• Die voortgesette soektog na die moordenaar van die 21-jarige Juanita Mabula en vermoedelik ook Melanie Janse (22) het gister die amptelike loodsing van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) se jongste jaarverslag in Windhoek oorheers.



VRYDAG 14 OKTOBER 2005



• Die geskorste Swapo-jeugleier, mnr. Paulus Kapia, sal nie gou weer in die Nasionale Vergadering gesien word nie.



• Visas tussen Namibië en Angola kan so spoedig soos Desember vanjaar iets van die verlede wees, terwyl meer grensposte die vloei van mense tussen dié twee lande sal vergemaklik.

Kommentaar

Republikein 2025-12-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer