No Image Caption

20 jaar gelede

MAANDAG 19 SEPTEMBER 2005

• ’n Menslike fout was Vrydag skuins voor middernag blykbaar die hoofrede vir ’n botsing tussen twee skepe net buite die Walvisbaaise hawe, wat uiteindelik daartoe gelei het dat die vragskip, die Umfolozi, in die hawe gesink het.

• Die geskil tussen mediese fondse in Namibië en die MediClinic-groep is ná ’n spanningsvolle week van indringende samesprekings uiteindelik Vrydag bygelê.

DINSDAG 20 SEPTEMBER 2005 • Die kaptein, eerste offisier en hoofingenieur van die houerboot Umfolozi is gister aangesê om in Walvisbaai te bly terwyl die ander 15 bemanningslede vandag per vliegtuig na hul onderskeie tuistes sal vertrek.

• Die Hoërhof in Windhoek het gister getuienis begin aanhoor waarmee die staat opnuut ’n spesiale pleit van 12 vermeende Caprivi-afstigters teenstaan dat die hof onbevoeg is om hulle te vervolg.

WOENSDAG 21 SEPTEMBER 2005

• Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (MVK) het gister aangekondig dat hul geskorste hoof uitvoerende beampte, mnr. Tuli Hiveluah, uit dié pos bedank het.

• Die afgedankte adjunkminister van werke, vervoer en kommunikasie en geskorste Swapo Jeugliga-leier, mnr. Paulus Kapia, het gister die appelkar op die leierskap van Swapo omgekeer deur sy sitplek in die Nasionale Vergadering in te neem asof niks skort nie.

DONDERDAG 22 SEPTEMBER 2005

• ’n Luukse sakekompleks van digby N$800 miljoen en bykans 5 000 nuwe werksgeleenthede gaan binnekort in die sentrale sakegebied van Windhoek spog.

• Die seksskandaal waarby lede van die weermag as deel van die VN-vredesending in Liberië betrokke was, spook nog steeds nadat dit aan die lig gekom het dat al vyf die soldate hul moontlike vervolging op verrassende wyse vrygespring het.

VRYDAG 23 SEPTEMBER 2005 • Nog ’n kosskandaal het sy kop uitgesteek toe 500 sakke vrot mieliemeel van die voedingsprogram vir skole in die Kavangostreek opgespoor is.

Kommentaar

Republikein 2025-10-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer