20 jaar gelede
MAANDAG 5 SEPTEMBER 2005• Windhoek se nuwe stadspolisie het die naweek kaalvuis onder dronk bestuurders en ander onwettige pretmakers in die Namibiese hoofstad gemaai.
• Die volle verhaal agter die beleggingskandaal by die Offshore Development Company (ODC) waarby meer as N$101,5 miljoen betrokke is, het uiteindelik ontvou en oorskadu nou die Avis-beleggingsage.
DINSDAG 6 SEPTEMBER 2005
• Die minister van myne en energie, Erkki Nghimtina, het laat gistermiddag ingegryp en die Keetmanshoop-munisipaliteit beveel om onmiddellik hul kontrak met Southern Electricity Company (Selco) na te kom.
• Nog ’n terugslag het die geskorste Swapo-jeugleier, Paulus Kapia, gister getref toe sy voormalige ministerie met vragmotors meubels en huisbybehore soos potte en panne kom oplaai het wat hy as adjunkminister van werke, vervoer en kommunikasie aangekoop het.
WOENSDAG 7 SEPTEMBER 2005
• Betaalde wittebroodvakansies, duur vrugbaarheidsbehandeling en groot somme geld vorm die kern van ’n polisie-ondersoek na grootskaalse omkopery deur dokters en ander mediese diensverskaffers.
• ’n Groot skok wag op lede van mediese fondse wat van vanoggend by private hospitale moet aanmeld vir operasies of ander vorme van behandeling.
DONDERDAG 8 SEPTEMBER 2005
• Die prysoorlog tussen mediese fondse in Namibië en die land se grootste private hospitaalgroep, MediClinic, het gister verdiep toe eersgenoemde sy troefkaart gespeel het.
• Ongelukke op Namibië se paaie het sedert verlede Vrydag die lewens van minstens 17 mense geëis.
VRYDAG 9 SEPTEMBER 2005
• Die hoogste gesagsliggaam van Swapo, die Politburo, het Woensdagaand sy voet neergesit oor die omstrede en eens invloedryke Swapo-jeugligaleier, Paulus Kapia, en sy politieke loopbaan in die regerende party beëindig.
• Die bal is aan die rol vir die vestiging van ’n tweede, private kraameenheid in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie