20 jaar gelede
Maandag 29 Julie 2002
- Namibië is op koers sover dit die bereiking van millennium teikens vir skoolinskrywing en vrouegelykheid op skole is, maar is ver agter waar dit by die uitwissing van hongersnood en kindersterftes kom.
- ’n Belegging van etlike miljoene dollar gaan aan die einde van Oktober by die Lughawe Hosea Kutako gemaak word wat die weg sal baan vir ’n volwaardige internasionale lughawe met gesofistikeerde grondhanteringstoerusting.
- Die vierde diamantslypfabriek in Namibië, NamDiamonds, is Donderdag in Windhoek deur pres. Sam Nujoma geopen.
Dinsdag 30 Julie 2002
- Ontevrede werknemers van die ministerie van Landbou se Veeartseny Dienste het die vleisbedryf die afgelope naweek ’n gevoelige slag toegedien met ’n staking wat vleisverwerking by Namibië se grootste uitvoeraanleg lamgelê het.
- Die Caprivi en Kavango is amptelik as veilige gebiede vir besoekende toeriste verklaar.
- Namibië is een van drie Afrikalande wat gekies is om hul voorlegging oor die implementering van die bekamping van verwoestyning, in Sicilië te gaan aanbied.
- Die aanklaer-generaal, advokaat Hans Heyman, se beplande aftrede vir môre, is tydelik opgeskort.
Woensdag 31 Julie 2002
- Die deure vir uitvoere na die winsgewende Amerikaanse tekstiel- en klerasiemark het pas verder vir Namibië oopgemaak.
- “Die goue medalje by die 2002 Statebondspele in Manchester is sonder twyfel die hoogtepunt van my atletiekloopbaan,” het Frank Fredericks gister aan Republikein gesê.
- Minder as ’n week ná die werkersvakverbond vir plaaslike owerhede in Namibië, LAUN, bewys het dat hy die meeste werkers van die Windhoekse munisipaliteit verteenwoordig, het die unie vir ’n 12 persent salarisverhoging gevra.
- Namibiërs sal binnekort toegang tot die heldeakker, nuwe geskiedkundige wonder van die land, hê.
Donderdag 1 August 2002
- Ernstige waterbesparingsmaatreëls in die hoofstad is in werking gestel in ’n poging om watervoorsiening aan Windhoek vir minstens die volgende twee jaar te verseker.
- Strenger beheer en vlot werkinge van ondernemings in staatsbesit is voor die deur met die sentrale beheeragentskap se direkteur wat hopelik binne die volgende maand sy pos sal aanvaar.
- Sloerdery binne die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste het veroorsaak dat ’n broodnodige rehabilitasiesentrum vir dwelm- en alkoholverslaafdes nog nie in werking gestel is nie.
Vrydag 2 August 2002
- Alle kiesers sal vanjaar in die tweede helfte van Oktober moet herregistreer om aan enige politieke verkiesings in die land deel te neem.
- Die regering kan nie nou salarisverhogings van tot 25 persent vir staatsdienswerkers in enige kategorie oorweeg nie, omdat werkloosheid, die gevolge van droogte, voorsiening van water, toegang tot gesondheidsdienste en beheerbare skuldvlakke groter voorrang behoort te geniet.
- Verwagtinge van onomkeerbare vrede in die Angolees-/Namibiese grensgebiede stuur reeds ernstige waarskuwingseine rondom toekomstige druk op bestaande Namibiese infrastruktuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie